Man skiet eers dokter, toe homself ná uitval oor voorskrif

Dr. Todd Graham (56) Foto: Facebook

ʼn Man van Indiana in die VSA het vandeesweek sy eie lewe geneem minute nadat hy ʼn dokter doodgeskiet het toe hy glo nie aan sy vrou ʼn voorskrif vir pynmedikasie wou gee nie.

Ken Cotter, ʼn aanklaer van St. Joseph in dié deelstaat, het aan CBS gesê die 48-jarige man, intussen geïdentifiseer as Michael Jarvis, het glo dr. Todd Graham (56) in die parkeergebied net buite ʼn St. Joseph-kliniek doodgeskiet. Hy het minute later na ʼn vriend se huis gery en sy eie lewe daar geneem.

Volgens owerhede het Graham geweier om ʼn sterk pynpil wat maklik tot verslawing kan lei vir die man se vrou voor te skryf tydens ʼn besoek aan die kliniek.

Ooggetuies het aan CBS vertel Jarvis het glo in ʼn argument met die dokter betrokke geraak, en toe by die kliniek uitgestorm.

Hy het glo twee uur later na die kliniek teruggekeer en twee mense beveel om die toneel te verlaat voor hy die dokter doodgeskiet het.

“Dié man het ʼn doelbewuste besluit gemaak om dr. Graham dood te maak. Hy het tyd gehad om af te koel, maar hy steeds teruggekom en hom vermoor,” het Cotter gesê.

Volgens die polisie was Jarvis se vrou nie bewus van sy besluit om die dokter weer te konfronteer nie.

Dit is nog onduidelik waarvoor die vrou die pynmedikasie nodig het en waarom Graham geweier het om dit voor te skryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Cherokee ·

Waarskynlik was die moordenaar verslaaf daaraan en het sy vrou gebruik om dit te kry.

lynni ·

Toe ek foto sien dog ek amper Maroela het verkeerde foto geplaas
Lyk nes sanger George Michael wat ook al dood is.

Elsie ·

Maroela wat moet ons nou met die inligting maak van die geval met die dokter wat geskiet is Vir ons is dit onbekende mense en nuttelose inligting Hier in ons land is meer as genoeg gebeurlikhede wat gedek kan word

Stan ·

Daar is heelwat Afrikaans Sprekendes wat in Indiana bly en selfs in ander dele van die wêreld. Ek glo MM het ‘n goeie idee waar Afrikaans sprekendes uit ander dele van die wêreld van hulle dienste gebruik maak en ons is MM dankbaar dat hulle van hierdie dele ook dek. Daar is derde generasies van Expats in ander dele van die wêreld wat nog Afrikaans praat.

Beth ·

Elsie & Heleen
Niemand verplig julle om die berig te lees nie, hou net verby.
MM baie dankie vir julle goeie werk.

Elize C ·

Ja nee wragtag Elsie & Heleen, wie het ‘n wapen teen julle koppe gehou en gedwing om te lees? Binne die 1ste 7 woorde van die berig (selfs 4 as jy ‘n goeie begryper is en so bietjie jou aardrykskunde ken) kon jy al die berig geignoreer het en aanbeweeg het na iets wat jou belangstelling prikkel.

Cherokee ·

Maroela, dankie dat julle wyer nuus vertel as net lokaal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.