Man skiet eers vriend, vriendin en toe homself

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

ʼn 30-jarige man het vandeesweek sy eie lewe geneem enkele oomblikke nadat hy sy vriendin en beste vriend doodgeskiet en ʼn vierde persoon beseer het.

Amerikaanse owerhede kon teen Saterdagmiddag steeds nie ʼn motief vir dié voorval identifiseer nie. Michael Zamora (30) het vandeesweek sy meisie, Savannah McNealy (22), en sy vriend, Tristan Kemp (26), geskiet, ʼn vierde persoon gewond en toe ook sy eie lewe geneem.

Volgens ʼn verklaring het die vier mense enkele oomblikke voor die skietvoorval nog gekuier om McNealy se 22ste verjaarsdag te vier.

McNealy en Kemp het glo ná die kuier nié saam met Zamora huis toe gery nie. ʼn Voorlopige ondersoek toon dat hulle, tesame met hul ander vriend, eers alleen by die huis aangekom het voordat Zamora minute later opgedaag en op hulle losgebrand het.

ʼn Nadoodse verslag het getoon dat McNealy en Kemp verskeie kere geskiet is, terwyl Zamora dood is aan ʼn enkele kopskoot. ʼn Vierde persoon, ʼn vriend wat nog nie geïdentifiseer is nie, sterk aan in die hospitaal.

Amerikaanse owerhede het gesê hulle kan nie in dié stadium ʼn liefdesdriehoek tussen die oorlede partye uitskakel nie.

Bron: Daily Mail

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Cherokee ·

En ek kan nie dink waarom ons nuusdekking nie wyer mag wees as in die klein hoekie waar jy dit wil hê nie.

Dalk ook ·

Dalk ook die ‘goeie’ nuus dat Mugabe ‘n ambassadeursjoppie gekry het by die WGO (wêreld gesondheidsorganisasie) vir die ‘voortreflike’ gesondheidstoestand(e) in sy land. Aangesien dit oor gesondheid gaan is dit eerder nie ‘nuus’ maar eerder ‘nies’.

leon pit ·

Ons het genoeg moord geweld en doodslag, hoekom nog Amerika en Oorsee se nuus in ons kele afdruk. Fokus eerder op eie bodem se nuus gebeure.

Snoefels ·

Want dis n lewensles vir ons almal, moenie in iemand anders se slaai krap nie want jy weet nooit hoe onstabiel hulle is nie, DUH..

JdV ·

A nee a, Maroela! Hierdie is ‘n vrot artikel. Daar is niks nuuswaardig aan dit nie, en dit noem nie eens waar die voorval plaasgevind het nie. “Amerika” is gróót … Patetiese artikel!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.