Man skiet eers vrou, twee kinders en toe homself

Argieffoto Foto: Jeff Quinn en Boge Quinn, gunblast.com

Die polisie in die Amerikaanse deelstaat Arizona ondersoek ʼn voorval waartydens ʼn man glo eers sy vrou en twee kinders doodgeskiet het voor hy sy eie lewe geneem het.

Ben Hoster, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het Vrydag plaasgevind. Hoster sê die polisie is deur ʼn kollega van die man na die gesin se huis ontbied. Sy kollega het hom glo tuis gaan soek nadat hy nie vir werk opgedaag het nie. Die man het volgens die polisieverklaring die egpaar en hul twee kinders se liggame in een vertrek in die huis gevind. Almal het skietwonde gehad.

Die egpaar is intussen as Jason en Anne Fairbanks, albei 39, geïdentifiseer. Die name van die egpaar se kinders is nie bekend gemaak nie, maar die polisie het wel bevestig dat hulle driejarige dogtertjie en nege maande oue seun ook in die voorval dood is.

Hoster sê ʼn voorlopige ondersoek het vasgestel dat die familie glo finansiële probleme ondervind het, maar hy wou nie in dié stadium enige afleidings maak nie.

Laura Fairbanks, Jason se suster, het aan die Arizona Republic vertel haar broer was “lief vir sy gesin” en “nie ʼn slegte mens nie”.

“Hy het sewe dae ʼn week gewerk om sy gesin te ondersteun, maar hulle het steeds finansiële bekommernisse gehad. Ek wens hy het kom vra vir hulp,” het sy gesê.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Bron: CBS

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nee Wat ·

Laura as jy geweet het van hul finansiele posisie hoekom nie gegee om te help nie hoekom se hy moes vra. Ek help al jare vir ‘n enkelouer met kinders en die Here seen my so om nogsteeds elke maand te kan help. Hoekom? Die lewenskoste, skool, klere, verblyf, water en ligte is net te duur vir ‘n enkelouer. Kom ons wag nie vir die drastiese stap nie maar steek ‘n helpende hand uit. Mense is te trots om te vra.

MERAAI ·

GEEN WOORDER VIR JOU NIE!!!!!!!!!!! NET DAT JY VIESLIK IS!!!!!!!

Stem saam ·

Presies. As ons weet daar is nood, is dit ons voorreg en plig om so gou en so lank moontlik te ondersteun waar ons kan.

Hannelie ·

Nee Wat kry ‘n lewe!!! Simpatiseer met die familie, moenie oordeel nie, want jy WAS nie daar nie.

Kannaland ·

Help eerder voor die tyd as simpatiseer na die tyd, dan is dit mos te laat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.