ʼn Vyf‑en‑veertigjarige man het vyf van sy kollegas by ʼn pakhuis in die Amerikaanse deelstaat Illinois doodgeskiet glo omdat hy afgedank is.
Volgens die polisie het Gary Martin die afgelope 15 jaar by Henry Pratt Co. in Aurora gewerk. Hy is Vrydag afgedank waarna hy op kollegas losgebrand en vyf mense doodgeskiet en een persoon gewond het.
Die polisie is ontbied waarna Martin op beamptes losgebrand het voor hy doodgeskiet is. Ses polisiebeamptes is tydens die skietery gewond.
J.B. Pritzker, die goewerneur van Illinois, het wetstoepassingsbeamptes wat op die toneel reageer het, geloof. Pres. Donald Trump het sy medelye met die slagoffers se families uitgespreek.
Aurora is ongeveer 65 km wes van Chicago.
My hart breek vir die tragedie, maar ek kon nie help om agter te kom hoe CNN en baie ander hoofstroom media van Amerika nie die gesig wys van die skieter soos hulle gewoonlik doen nie, toe sien ek die skieter was nie wit nie.
Oops NOU gaan dit baie baie rof in die Wêreld ! Eindtye
Anoniem soos jy se lees OPenbare 9: 10-11
Agge…nee wat…!
DIS nou wél baie tragies jaaaa,maar DIS nou regtig niks snaaks of nuuts nie, dis maar stres en woede wat ñ ou,só laat uithak!
Daar was al talle skoolmoorde ook ini VSA wat baie erger was, geweld wêreldwyd en groot oorloë ini bybel self.
Eindtye…en Wederkoms het WEINIG hiermee te doene,DIS al vir die afgelope 50 jaar aan’t kom…☺
Eish.. Sterkte vir julle mensies. Google commen sense
Dit wys net wat kan gebeur as mense hulle werk verloor. Wat nog te se van ‘n land met ‘n werkloosheidsyfer van 28%. Dit voorspel moeilikheid
sit daardie 28% om in syfers en dan besef jy die meeste van SA se werkloses is nie eens wit nie. wit mense is maar 8% van die totale bevolking. Vreemd dat so baie wat dan die “regte” velkleur het, steeds werkloos is. eintlik behoort ons werkloosheidsyfer net 8% te wees en almal moet wit wees. Iewers maak iets nie sin nie.
G’n wonder die movies waarna ons kyk begin nou na ekstra terrestriële onderwerpe en marsmannetjies en vapires en goed kyk om die mens te vermaak nie.. want voorwaar: daar is geen trauma situasie wat hulle kan voorstel wat ons nie al aan gewoond is oor dit deel is van ons daaglikse bestaan nie.