Man skiet homself, vrou per ongeluk by die kerk

Argieffoto

ʼn Man van die Amerikaanse deelstaat Tennessee en sy vrou, vermoedelik albei in hul 80’s, is in die hospitaal opgeneem nadat hy hulle albei per ongeluk geskiet het terwyl hy sy pistool vir vriende by ʼn ete by hul kerk gewys het.

Die polisie in Tennessee het dié voorval aan die nuuswebwerf CBS bevestig.

Russ Parks, ʼn woordvoerder van die polisie, het gesê die man en ander kerkgangers van die First United Metodistekerk het oor wapenveiligheid gepraat enkele oomblikke voordat die skietvoorval plaasgevind het.

Parks sê die man het sy .380-kaliber handwapen na vore gebring, het die magasyn uitgehaal en seker gemaak dat daar geen patrone in is nie, die magasyn teruggesit in die wapen en toe die wapen weer gebêre.

Volgens Parks het ʼn ander kerkganger gevra om dié pistool te sien, waarna die man die wapen uitgehaal het, gesê het die wapen is nie gelaai nie en toe die sneller getrek het.

“Die koeël het die man se palm oopgekloof en toe aan die linkerkant van sy vrou se maag ingegaan, Die koeël is weer aan die regterkant van haar agterlyf uit,” sê hy.

Die egpaar is per helikopter na die hospitaal geneem. Hul lewens is volgens nooddienspersoneel nié in gevaar nie.

Volgens WVLT-TV was die egpaar teen Sondagmiddag in ʼn stabiele toestand in die hospitaal.

Bron: CBS

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Kleinkind ·

My ouma het gesê dat die duiwel ‘n vuurwapen laai. Wees dus uiters versigtig.

Chris Ws ·

Bietjie bietjie jy ken duidelik nie handwapens goed nie.’n 38Spl is ‘n rewolwer maar ‘n .380 is wel ‘n pistool.Hoe dit ookal sy,die ou oom wie se wapen 2 mense gewond het moet maar eerder van hom ontslae raak want weet te min van wapen veiligheid en is ‘n gevaar.

Akram ·

Jy is heeltemal korrek. n 38 is n rewolwer. Die wapen wat genoem word n die artikel is inderdaad n pistool. .380 kaliber. Kompakte pistool met n magasyn.

Kobus ·

Kleinkind, moet asseblief nie alles glo wat jou ouma se nie…

Francois ·

Bietjie bietjie, 0.38 is net die kalibergrootte van die patrone. Daar is wel 0.38 pistole beskikbaar alhoewel ons meer gewoond is aan die rewolwers. Doen gerus navorsing op Google om jouself te vergewis.

Met enige wapen is veiligheid die wagwoord. Daar moet altyd dubbel seker gemaak word dat daar geen patroon in die loop is alvorens die wapen aan iemand oorhandig word. In die geval van ‘n rewolwer is dit heel eenvoudig deur slegs die tolmagasyn oop te maak aangesien die patroon nie in die kamer ingeskuif word soos in die geval van ‘n pistool nie.

Dit is ook nie goeie praktyk om die sneller te trek met geen patroon in die ladingskamer nie aangesien mens die slagpen kan beskadig.

JMC ·

‘n .380 pistool se eintlike benaming is 380 ACP, ook bekend as ‘n 9 mm Short, 9 mm Kurtz of 9mm Court.

Pop ·

Tipies van julle mense hier. Nou stry almal oor of dit n pistool is of nie. Red nou n nasie. Ek raai dis n klomp mans. Want ek weet beter as die volgende ou van wapens. Maak dit nou saak?? Ek glo die berig gaan oor mense wat geskiet is en nie watse tipe wapen dit is nie.

Cosmic ·

Hopenlik elke boer in S.A. wat op n Sondag kerk toe gaan en elke inwoner in U.S. wat nog n “mass shooting” soos onlangs wil voorkom.

Pieter ·

Juffie, ek gaan kerk toe in die U.S. Ek neem my vuurwapen saam. Gaan ook werk toe in die U.S. Neem my vuurwapen saam werk toe ook. Sal myself te wyte gaan as daar ooit ‘n situasie is waar my pistool ‘n positiewe verskil kon maak, as hy maar net aan my sy was en nie in die kluis nie. SA’ners, asseblief, wees paraat, wees versigtig en as jy ‘n wapen het, doen ‘n paar klasse, oefen gereeld, en dra jou wapen aan jou.

Waarheid ·

Pop …so van al die praat stry of nie ek luister of lees en LEER UIT ANDER SE DOM DINGE. Glo hul het goeie les geleer boonop is hul nog in die lewe om ander hopelik reg te help om nie soooo wild en woes met gevaarlike en dodelike wapen tekere te gaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.