Man staan “uit die dood” op; jaag roubeklaer die skrik op die lyf

Screen Shot 2013-11-10 at 4.31.47 PM‘n Vrou wat ‘n familielid se graf in Brasilië gaan besoek het, is die skrik op die lyf gejaag toe ‘n man uit ‘n graf uit “opgestaan” het.

Die vrou, wie se naam nie bekend gemaak is nie, was by ‘n begraafplaas in Sao Paulo toe sy vreemde geluide gehoor en die grond naby ‘n graf sien beweeg het. Sy het toe gesien hoe ‘n man, wat lewend begrawe is, probeer het om uit die graf te kom. “Ek was angsbevange om te sien hoe ‘n man, wat ek gedink het is dood, probeer om uit die graf op te staan,” het die vrou gesê.

Die vrou het owerhede in kennis gestel en nooddienste het opgedaag om die man te help. Hy kon reeds sy kop en arms uit die grond oplig.

Dit is nog nie duidelik hoe dit gebeur het dat die man, wat by die stadsaal gewerk het, lewend begrawe is nie. Hy het vermoedelik in ‘n ander gedeelte van die stad in ‘n bakleiery betrokke geraak en is erg aangerand, het die Daily Mail berig.

Hy is na ‘n plaaslike hospitaal geneem vir verdere behandeling. Alhoewel beamptes in die stad die voorval bevestig het, kon hulle nie die toestand van die man bekend maak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Seg ·

Hier is verseker iets anders aan die gang. Hoe diep is hierdie man dan begrawe om uit te kom? Glo dit verseker nie.

justi ·

Goeie hierts! Ek sal so vinnig hardloop sal doeeer onder in die Kaap eindig van skrik. Hehehe dis erg.

DIKKES ·

Ag ek sal mos my gaai afskrik. Justi ek stem, sal tot even vir Bolt weghol.

Jasper ·

Moses van ouds het ook n Egiptenaar so onder die vlak sand toegekrap nadat hy hom vir die ding verêrre het.
Hulle sê hy was in n bakleiery betrokke. Dalk sal hy in die vervolg sorg om uit die moeilikheid te bly.

AmY ·

Ek hol my kort beentjies stomp as dit met my moet gebeur!!! Ek sal tot vir die vroue-naeloop kampioen weghol!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.