Man steek vrou glo 123 keer met mes weens ‘hallusinasies’

Matthew James en sy vrou, Lauren (Foto: Frozen in Time-fotografie)

ʼn Ysingwekkende 911-noodoproep van ʼn man van Noord-Carolina in die VSA wat sy vrou glo 123 keer tot die dood toe met ʼn mes gesteek het, is dié week deur Amerikaanse owerhede openbaar gemaak.

Matthew James Phelps (28), ʼn voornemende pastoor, is sedert September vanjaar in polisie-aanhouding.

Lauren Hugelmaier Phelps (29), Matthew se vrou van een jaar, se liggaam is in September vanjaar kort ná sy oproep in die egpaar se huis gevind.

Volgens ʼn polisieverslag het sy in die “fetusposisie” gelê met die aankoms van nooddienste en polisieowerhede op die toneel. Sy is na die hospitaal gehaas, maar is met haar aankoms by die hospitaal dood verklaar.

ʼn Nadoodse verslag lui dat sy nagenoeg 44 steekwonde aan haar kop en nek gehad het en 79 messteke aan haar bolyf, arms en die res van haar liggaam.

Phelps het in die hof én tydens die noodoproep aangevoer dat hy te veel hoesmedisyne gedrink het en weens dié oordosis gehallusineer het. Hy het die medisyne geneem omdat hy weet “dit laat mens soms goed voel” en omdat hy sommige aande nie kan slaap nie.

ʼn Verslag in die hof het egter daarop gedui dat Coricidin Cough, die medisyne wat hy geneem het, nié gewelddadige gedrag tot gevolg kan hê wanneer ʼn oordosis geneem word nie.

The News and Observer het wel berig dat ʼn oordosis van dié medisyne tot “buiteliggaamlike ervarings” en hallusinasies kan lei. ʼn Kenner het ook in die hof getuig dat dit “seldsaam maar nié onmoontlik is nie” dat Phelps buite beheer was en nie by sy volle bewussyn nie weens die medisyne.

In die noodoproep kan gehoor word hoe Phelps sê dat hy vol bloed is en dink dat hy sy vrou doodgemaak het.

“Ek het ʼn droom gehad en toe ek die ligte aansit, toe lê sy dood op die vloer. Ek het bloed oral op my en daar’s ʼn bebloede mes op die bed. Ek dink ek het dit gedoen. Sy beweeg nie – sy het dit nie verdien nie.”

Dit is onseker hoeveel hoesmedisyne ten tyde van die voorval in sy sisteem was. Ondanks bewyse dat ʼn oordosis wel tot hallusinasies kan lei, het ʼn jurie vroeër vandeesmaand gesê hy is oortuig dat Phelps sy vrou met kwaadwillige opset vermoor het.

Hy sal binnekort weer in ʼn hooggeregshof verskyn sodat ʼn vonnis opgelê kan word.

Bron: Fox News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Israel ·

my ouma het altyd gese as iemand homself voordoen as n groot christen dan moet jy baie versigtig wees

Antoinette ·

Inderdaad!! Almal dink dit is die engel van lig ..maar dan is die dit al die tyd die duiwel met n torch..

Eish ·

Want jy kan mense nie vertrou nie, selfs al sit jy watter titel voor hul naam.

Francis Linstro. ·

Slaap hy maar so met die mes in sy hand of in die kamer of het hy dit eers êrens gaan haal.

Juffie ·

Wat vir my vreemd is…….ek sal darem stil lê dat my man of wie ookal my 123 keer met ‘n mes steek. Jy word mos wakker na die eerste steek en dan skree jy mos as jy sien jou wederhelfte is in ‘n slapende/hallusinerende toestand?!

Suzette ·

Ag juffie en jy weet presies watter steek fataal was. Was jy daar?….indien nie asb los die negatiewe kommentaar. Die eerste steek kon dalk al die doodsteek gewers het. Wat vir my vreemd is, is almal wat in hulle slaap met n mes aangeval word onmiddellik helder wakker? Dink nie so nie. Moord met opset???? Hoop die voornemende “pastoortjie” kry sy weverdiende straf. Stem met baie van bg kommentare saam. Kyk en ondersoek “so called christinne” maar BAIE DEEGLIK. Jy sal verbaas wees as jy net op die agtergrond sit en observeer luister en waarneem.

HFC ·

Jy kort net een steek op die regte plek en ek waarborg jou jy gaan vir die res stil lê.

Moelikheid ·

Wat laat jou dink sy het stil gele met elk van die 123 steekslae? Hul het dalk gestruwel. En dalk ht sy neergeval toe sy baie erg gewond is, en dalk het sy haarself probeer beskerm deur haar liggaam op te krul soos wat mens sal maak as n hond jou aanval.

Loon ·

Ons het soveel moord en doodslag in SA, moet ons nou nog van Amerika se moorde ook weet?
Regtig kan daar nie bietjie meer positiewe nuus wees nie….

Allouise ·

Weet jul dis so hartseer? Meeste mense sien net hierdie man se beroep raak en veralgemeen,weet jul nie dat die Bybel telkemale voorbeelde wys v mense wat siek ens geword het as hul teen n man v God geprt het,selfs David in 1 Sam 26.11 wou niks sê of doen teenoor Saul! Lees jul Bybels mense. Respekteer jul pastore en waardeer hul,daar is meer opregte Godvresende mans en vrouens in Sy diens as wat jul ooit besef. Laat God self oordeel,wie v jul is waardig en heilig genoeg om n klip op te tel?? Wees eerlik. Dis hartverskeurend wat hier gebeur het en die man sal verantwoordelik gehou word op verskillende maniere maar wees tog asb wys en weerhou julself om oordeel uit te spreek oor mense in God se diens,inderwaarheid oor enigeen! Dis net Genade dat jy of jou gesin nie Maroela of enige ander media se opskrifte gehaal het nie, en mense jou uitmekaar skeur met oordeel ens. Passop voor jy jou mond uitwas oor iemand en dan nie self in n gat val nie. Asb jul.

Pierre ·

Dit is presies die rede waarom ons volk in die probleme is. Omdat ons die bybel virkeerd uitleg! Bly God roep elke keer, en so deurgaan en sien waar ons eindig. Dat is geen goeie einde vir ons glo my maar. Dit is nie normaal nie. Slik hoes medisyne en vermoor mense omdat jy in God glo? Eg? En hier mag jy geen oordeel oor uitspreek? Eg? Pfff word wakker mense. Stop aub dit siek mense die glo dat jy alles mag doen omdat jy in God glo? Hulle is die rede waarom ons mense nou word uitgemoor. Wanneer gaan ons dat begryp? Hou aub op met God voor en God achter. God het hier helemaal niks mee te maak nie.

Stella ·

Stem saam met Allouise. As jy nog nie ‘n kurses gedoen het, of meer weet van hoe die duiwel werk nie, dan is dit moeilik om te oordeel. Glo my die duiwel en of sy demone wat jou lewe deur bitterheid, ongewensgesindheid en nog meer omverwerp , gaan jou dinge laat doen wat jy nooit andersins sou nie. En glo my…hierdie selfde demone gaan hierdie man mal maak in die tronk tensy hy deliverance kry en Jesus werklik aanneem as sy Verlosser en Saligmaker.. Efesiers vertel ons dat ons gevegte nie is teen die mens nie… maar teen die bose magte in die lug. Wat beteken dit? Aanslae word nou al hoe meer fel en daarom moet jul bid bid bid, vir julle en jul kinders en ander.God het geen mens sleg gemaak nie. Ek dank Jesus dat ek ok uitgedraai het.

Sonja ·

Dankie vir jou kommentaar. Ai, uit die ander kommentare blyk dit dat daar groot venyn teenoor Pastore, dominees en Christene is, amper asof nie-Christene nou die ‘heiliges’ is of dat hulle nou nie meer so sleg oor hul eie sondes hoef te voel nie, want kyk dan nou wat doen die Christene. Om jouself te verlekker in ‘n wandaad van ‘n ander, pastoor of te not, is verkeerd. Laat hy wat sonder sonde is die eerste spreekwoordelike klip gooi.

Martin ·

Wonder of hy ‘n geskiedenis het van slaapwandel? Daar is ‘n verskynsel van “Homicidal sleepwalking” waar mense in hulle slaap ander vermoor, sal maar moet sien wat die hof se

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.