Man steel restaurant se toilet

toiletpapierʼn Man het Sondagaand ʼn toiletbak uit ‘n Subway-restaurant in Seattle, Amerika, gesteel.

Die man en sy gesin het omstreeks 19:45 die restaurant ingestap, en terwyl die gesin se bestelling voorberei is, het die man hom na die toilet gehaas. Hy het glo só lank vertoef dat sy gesin later sonder hom weg is.

Hy het later met ‘n groot sak te voorskyn gekom en ook die restaurant verlaat. Personeel het gaan ondersoek instel, en gevind dat die vertrek erg verniel is. Die wasbak is met toiletpapier verstop, en die toiletbak skoonveld. Die toiletbak is glo ongeveer $550 (sowat R5 700) werd.

Bron: Seatlepi.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elizabeth ·

Seker besig met “renovations” tuis en die geld het min geword toe moet hy maar erens voorraad kry! ;)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.