Nasa ondersoek nog die voorval toe ’n man in Indië Saterdag dood is nadat ’n meteoriet glo op hom geval het.
Nog drie persone is in die voorval in die suide van Indië dood.
Indien die busbestuurder, genaamd Kamaraj, wel deur ’n meteoriet getref is, sal dit die eerste opgetekende geval wees dat iemand dood is ná ’n meteoriet op hulle geval het.
’n Gat van 1,2 meter diep is in die grond geruk. Vensters en motorruite in die omgewing het van die slag gebreek. ’n Stuk meteoriet is in die omgewing van die ontploffing gevind, maar geen teken van plofstof wat op ’n bom kon dui nie.
Bron: Space.com, ARS Technica, BBC, LiveScience
Was die klip nou “gestuur” of is dit ‘n geval van “wrong place, wrong time”?
SPRINGSTOF NIE PLOFSTOF NIE……….!
Dagsê Ben
Baie dankie vir jou kommentaar. Ek het bevestig dat “springstof” en “plofstof” albei korrek is. Die HAT aanvaar dit as sinonieme, en “Skryf Afrikaans van A tot Z” dui aan: “min of meer sinonieme”.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Jong verskoon maar, maar ons ou polisiemanne ken net plofstof, die springstof ding was by die myne.
Ek verkies om van jou te verskil, dankie vir jou terugvoer. Ek is `n springstof deskundige. Groetnis
En in engels se n mens ” Jumping dust”
Nou spring in die see.
Geluk ben. Lyk my jy is nou ook ‘n plofstof-kundige.
Haha Ben, springstof deskundige miskien, maar nie taal-kenner nie jong. Ek glo die dame ken haar leuse ou skoenmaker.
Aarde na Meteoriet …. Aarde na Meteoriet. GPS koördinate vir Nkandla 28.84525°S31.0999E …
Nie n liggewig enetjie nie. Sommer n grote van n kilometer straal.
Dit is ruimte rommel
Nee Johny, Soweto konfetti – julle weet mos daai goed wat so na karre en polisiemanne ens gegooi word!
Definitief springstof want ‘n paar ouens is daardeur laat spring.