Man sterf in haai-aanval in Tasmanië

Tasmanië Foto: luxurylaunches.com

Tasmanië Foto: luxurylaunches.com

ʼn Man, in sy laat 40’s, is Saterdag in Tasmanië dood toe ʼn haai hom aangeval het.

Die man en sy volwasse dogter het mossels uitgehaal en sy het besorg geraak toe hy nie saam met haar opgekom het nie, het inspekteur David Wiss aan verslaggewers in die hoofstad Hobart gesê. “Sy het weer geduik en gesien hoe ʼn groot haai haar pa aanval.”

Die aanval het aan die ooskus plaasgevind waar ʼn 4½ meter lange witdoodshaai Vrydag opgemerk is, het natuurbewaarder Peter Lingard aan The Examiner gesê.

Dit is die eerste noodlottige haaiongeluk in Tasmanië in 17 jaar.

Saterdag se aanval volg ná die Australiese professionele branderplankryer Mick Fanning, se noue ontkoming met ʼn haai verlede naweek tydens ʼn kompetisie in Jeffreysbaai, Suid-Afrika. Fanning is ongedeerd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.