Man sterf oomblikke ná hy die jawoord kry

Foto: Pixabay

ʼn 32-jarige man van Miyako-jima in Japan het vandeesweek meer as 30 m na sy dood geval enkele oomblikke nadat sy vriendin ingestem het om met hom te trou.

Volgens The Daily Mail het die man, wat in dié stadium nog nie geïdentifiseer is nie, en sy vriendin op die Irabu-brug op die Miyako-jima-eiland langs die pad stilgehou. Die man het glo vir sy vriendin gesê hulle moet van die pad af trek om na die see te kyk en die natuurskoon te bewonder, maar hy het haar verras deur haar te vra om met hom te trou.

Volgens die nuuswebwerf Japan Today het die man se vriendin glad nie gehuiwer voordat sy ingestem het om met hom te trou nie, waarna die man uit pure geluk en opwinding tot op die reling van die brug gespring, sy balans verloor en na sy dood geval het.

Soek-en-reddingspanne in Japan het die man se liggaam sowat sewe uur later uit die water gehaal nadat sy vriendin die nooddienste ontbied het.

Volgens die polisieowerhede het die man alkohol in sy sisteem gehad, maar dit is nié bekend of hy dronk was nie.

ʼn Ondersoek na die voorval duur steeds voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Tragies ·

Hoekom vetwys na die alkohol in sy sisteem? Natuurlik was hy nie dronk nie, net iets geneem om die senuwees te kalmeer. Wys my ‘n man wat nie iets drink voor hy die ja-woord vra nie. Dit is senutergend vir mans ook.

madels ·

Dit moes verskriklik gewees het vir sy meisie om dit te aanskou… wow!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.