Man sterf self toe hy selfmoord wou verhoed

Universiteit van Hawaii (Honolulu-kampus) Foto: http://www.hawaii.edu/

Universiteit van Hawaii (Honolulu-kampus) Foto: http://www.hawaii.edu/

ʼn 24-jarige man het na sy dood geval toe hy ʼn 19-jarige student wou verhoed om selfmoord te pleeg.

Die voorval het op die 14de verdieping van ʼn koshuis by die Universiteit van Hawaii plaasgevind.

Volgens die polisie in Honolulu het die man geval terwyl hy die jong man probeer oorreed het om terug te klim.

Al twee mans het kritieke beserings opgedoen en is na ʼn hospitaal geneem. Die 24-jarige man is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Nie een van die twee mans is studente aan die universiteit nie, het Dan Meisenzahl, ʼn woordvoerder vir die universiteit, aan AP gesê. Een van die koshuisgangers het kuiergaste gehad en die twee mans was deel van dié partytjie.

“Dit is ʼn vreeslike tragedie. Die laaste ding wat ons wou hê moet gebeur,” het Meisenzahl bygevoeg.

Lees meer: Kare11, Fox News, Daily Mail

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.