Man sterf toe hy die jawoord vra

Weber druk die handgeskrewe nota teen die eenheid se venster vas. Foto: Facebook

ʼn Man het verdrink terwyl hy sy vriendin die jawoord gevra het op hul eilandvakansie in Tanzanië in Oos-Afrika.

Die Amerikaanse paartjie, Steven Weber en Kenesha Antoine, het vakansie gehou by die luukse Manta Resort op Pemba-eiland, wat deel vorm van die Zanzibar-eilandgroep. Die paartjie het in die oord se onderwater-eenheid tuisgegaan.

Weber het op die derde dag van hul vakansie langs hul watereenheid in die see ingeduik en deur die venster vir Antoine die jawoord gevra. Hy het tot teen die venster geswem en toe ʼn handgeskrewe nota, wat in ʼn sakkie was, teen die eenheid se venster vasgedruk.

Op die nota skryf Weber hy kan nie sy asem lank genoeg ophou om vir Antoine al die redes te gee hoekom hy lief is vir haar nie. Hy draai dan die papier om en aan die agterkant staan daar: “Sal jy met my trou?”. Weber haal dan ʼn ringboksie uit sy swembroek se sak.

Steven Weber en Kenesha Antoine. Foto: Facebook

Antoine het ʼn video van die geleentheid gemaak. Weber swem dan egter weg, vermoedelik terug na die oppervlak, en uit Antoine se sig.

Dit is nie duidelik wat presies volgende gebeur het nie. Personeel van die oord is na die paartjie se eenheid ontbied en volgens Matthew Saus, uitvoerende hoof van Manta Resort, “was daar niks wat gedoen kon word nie”.

Weber kon vermoedelik nie langer sy asem ophou nie en het verdrink. Sy dood word deur die Zanzibar-polisie ondersoek. Die Amerikaanse staatsdepartement het ook sy dood bevestig.

Antoine het op Facebook geskryf dat Weber “nooit haar antwoord gehoor het nie”.

“Ja, ja. ʼn Miljoen keer ja. Ons het nooit die geleentheid gekry om die begin van die res van ons lewens saam te benut en te vier nie. Die beste dag van ons lewens het in die slegste dag verander, in die wreedste klap van die noodlot denkbaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

? ·

Julle was dan al “getroud”. Op n eilandvakansie saam. Hoekom die ja-woord vra…

Vita ·

Regtig ,hulle was nie getroud nie, hoekom sal hy dan ja woord vra

Tienie ·

?

Ek stem. Hulle was wel getroud maar net nognie gekerk nie.

‘n Goeie begripper het net ‘n ? nodig.

GM ·

Daar is vele paartjies wat saam bly wat meer getrou is aan mekaar as wat klomp getroudes is. Watter een pleeg die grootste ‘sonde’?
Die wêreld sou ‘n beter plek gewees het as almal hul by hul eie lewens bepaal het en elkeen toegelaat het om hul eie besluite te neem, nè?

Ella ·

Ek en my man het n paar keer saam gaan vakansie hou of vir naweke weggegaan voordat ons getroud was. Ons het egter nie permanent saam gebly nie en alhoewel ons saam in n bed geslaap het, het ons nooit saam “wakker gebly” nie. Daar is BAIE sulke paartjies. Moenie te gou oordeel nie, en wees versigtig om te praat oor iets waarvan jy nie al die feite het nie.

Lynette ·

GM Ek stem saam met jou…..die alewige vingerwys met die bybel styf vasgeklem onder die arm…wat n grap.

Jacoba ·

Lynette jy self is maar skynheilig. Hou op om Christene aan te val om jou punt te maak. Speel die bal nie die man nie.

Marinda ·

Condolences to his family.

Unfortunately not all ideas are good ideas.

Santie ·

? waar staan dit hul is getroud ? Daar staan hy en sy vriendin ek seker as hul getroud was sou daar staan hy en sy vrou.

Santjie ·

Ja nee Santie…. sal ek ook graag wil weet. As mens kan lees kan jy presteer…

Lynette ·

Santie. Die persoon met die ‘?’ naam suggureer dat die paartjie REEDS saamgeslaap het en dus was dit onnodig vir hom om haar te vra om te trou…..hulle het reeds as man en vrou opgetree. Wil net vir ? vra inwatter lala-land woon sy?

Michael P ·

Hulle moes dit liewer hier in SA kom doen het dan was hy volgende maand n minister in die parlement lol

V Cronje ·

Ai ons Afrikaner volkie darem
Waarom so neerhalend oor alles.

Francois ·

Soms is die oomblik te groot, en mens moet maar mooi dink voordat jy onderwater gaan sonder kunsmatige asemhaling toerusting, as jy vooraf weet hierdie gaan n groot oomblik wees… Arme siel

Judge Dredd ·

As sy nie ‘n foto van die brief wou neem, dan kon hy nog moontlik geleef het.

Anoniem ·

Wel, as sy doel was om die nuus te haal was hy uiters suksesvol. Ek verkies dan maar om uit die nuus uit te bly.

Saartjie ·

Stef……….. jy is bietjie laag hoor en jou antwoord heeltemal onvanpas!!!
Dis baie sad!!

Valerie ·

Hel, hoeveel rassiste is daar op Maroela se leserstal? En skynheiliges? Sies.

A child of our Creator ·

LORD JESUS, forgive the people’s negative remarks, they forgot what You commanded us to do:LOVE your neighbor as you Love yourself, if it was their son they would wanted sympathy not judgement. Father be with all his loved ones

Jan Brand ·

Ja, daar is niks fout met saambly en niks fout met seks tussen instemmende volwassenes met geen ander bande nie. Word wakker, ons leef nie in die middeleeue nie

Kobus ·

Ek lees deur kommentare en :
Ja hy wou seker maak daar is storie om vir kinders en te vertel. ” getroud masr nie gekerk” vee eers hier voor julle eie deur, ek vind egter geen Rassistiese opmerkings nie. Tragies dat sy nou alleen sal moet terug keer huis toe sonder haar lewensmaat. Ek dink ons as SA mense behoort dasrdie gevoel te verstaan en meer simpatie openbaar.

SêMaarNetEen ·

Wie was rassisities?
Hoekom speel jy die rassekaart?

Niklaas ·

Dit was nogal diep vir onervare snorkelduikers. Oulike oorspronklike gedagte. So tragiese einde en ek voel so jammer vir die arme jong vrou. Nou wonder ek of hy verstik het ? Want elkeen weet mos wanneer is dit tyd om boontoe te styg. En in sulke helder skoon water is die oppervlakte bo jou duidelik sigbaar.

Kaspaas ·

Ek het nog altyd gewonder hoekom sommige mans iets snaaks moet doen as hulle iemand vra om te trou.

Spook op thaba ·

Hoe meer ek sulke kommentaar lees hoe dankbaarder word ek dat ek soort van in isolasie kan leef. Soek nie ander mense in my lewe nie

Kolskoot ·

My simpatie met familie
Het my gril sommer inni kar gevra terwyl ons gery het die gehof makery nie vir my happy 33 jaar saam

Attie. ·

Ek lag my nog ‘n papie oor die gehalte van ons mense se kommentaar. Dis baie interressanter as die artikel self. Almal wat kommen is moet taar lewer. Die meisies wat so maklik saambly ipv trou, weet net een ding, indien julle val gaan jy seerder kry as manlief.

Anti-Negatief ·

Ja, een ding is seker. Ons Afrikanervolk is baie kwetsend met die opmerkings – om nie eens te praat van oordeel oor dinge waarvan hulle niks weet nie. Ek en my man het 5 jaar saamgebly voordat ons getroud is. Dit was net eenvoudig die beste oplossing vir ons situasie. Hy het sy werk in die platteland opgegee en werk in die stad waar ek gewoon het kom soek om by my te wees. Dit sou finansiëel onprakties wees om twee woonplekke te huur i.p.v. saam te bly. Ons was oortuig daarvan dat ons vir mekaar bedoel is en is nou al 18 jaar getroud met twee pragtige kinders. Mense wat hulle so skynheilig hou is gewoonlik die wat agter die deur staan. Of mens nou saambly of net saam slaap is dieselfde. Seks voor die huwelik is deesdae nie meer snaaks nie en baie wat nie saam bly nie, doen dit ook, maar net nie so oop en bloot nie. As twee mense mekaar liefhet en ‘n lewe saam wil bou gaan die huweliksertifikaat hul verhouding nie maak of breek nie. ‘n Huweliksertifikaat verseker ook nie getrouheid van enige een van die paar nie. @Attie hierbo wat so praat van meisies wat wil saambly i.p.v. trou het beslis nie al die feite nie, so hoekom dan klippe gooi?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.