Man sterf toe hy pa se as wou strooi

Foto: Pixabay

ʼn Man van Michigan in die VSA is dood nadat hy saam met sy broers en susters op ʼn klein passasiersboot op die Superior-rivier in dié deelstaat uitgevaar het om sy pa se as te strooi.

Volgens owerhede is Robert Louis (59) dood toe die boot waarin hy en ses ander passasiers was skielik ʼn skerp draai gemaak en al die passasiers in die water geval het.

Die Michigan-polisie het gesê die boot se masjien was steeds aangeskakel en die versneller was oopgedraai toe die passasiers in die water beland het.

Konst. A.J. Schirschmidt, woordvoerder van die polisie, sê dit is nie in dié stadium presies seker wat gebeur het nie.

“Wat ons kan aflei, is dat hy aan die boot probeer vasklou het nadat hulle in die water geval het. Ons is nie seker of die masjien van die boot hom getref het en erg beseer het nie. Dié beserings kon hom moontlik gekeer het om na die oppervlak te swem,” sê hy.

Die ander passasiers is almal behandel vir hipotermie.

Louis se broer, John, sê die groep wou sy pa se laaste wense bewaarheid nadat hy vir ʼn geruime tyd aan Alzheimer se siekte gely het.

“My broer het die laaste ruk sy lewe aan my pa se versorging gewy om te verseker dat hy oukei is. Ons wou die helfte van die as op my ma se graf strooi, en die ander in die rivier soos hy gevra het. Dit is ʼn tragiese dag en ons weet nie of ons ooit sal kan herstel nie.”

Louis se pa is twee weke gelede oorlede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Adri

Sjoe, dit is tragies. Maar dit is waarskynlik die skroef van die boot wat hom getref het en nie die “masjien” nie.

Antonio Bredenhand

Maroela media daar moet darem seker n skaarste aan plaaslike nuus wees as julle dink die nuusberig is enigsins nuuswaardig vir ons.

De Villiers

Antonio, as jy meer nuuswaardiger berigte vir Maroela Media kan aanbied of selfs skryf, doen dit of hou jou negatiewe kommentaar vir jouself. Niemand verplig jou om MM se berigte te lees nie.

Petra Brummer

Sjoe mense is gebroke oor groot verlies vir 2de keer in kort rukkie en Maroela Media lesers val mekaar aan. Terwyl God die wêreld nie net Suid Afrika nie) so liefgehad het gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. Joh 3:16-17. Ek bid dat die God van Vrede elke mens wat geraak is deur die groot tragedie… Lees meer »