Man sterf toe hy pa se as wou strooi

Foto: Pixabay

ʼn Man van Michigan in die VSA is dood nadat hy saam met sy broers en susters op ʼn klein passasiersboot op die Superior-rivier in dié deelstaat uitgevaar het om sy pa se as te strooi.

Volgens owerhede is Robert Louis (59) dood toe die boot waarin hy en ses ander passasiers was skielik ʼn skerp draai gemaak en al die passasiers in die water geval het.

Die Michigan-polisie het gesê die boot se masjien was steeds aangeskakel en die versneller was oopgedraai toe die passasiers in die water beland het.

Konst. A.J. Schirschmidt, woordvoerder van die polisie, sê dit is nie in dié stadium presies seker wat gebeur het nie.

“Wat ons kan aflei, is dat hy aan die boot probeer vasklou het nadat hulle in die water geval het. Ons is nie seker of die masjien van die boot hom getref het en erg beseer het nie. Dié beserings kon hom moontlik gekeer het om na die oppervlak te swem,” sê hy.

Die ander passasiers is almal behandel vir hipotermie.

Louis se broer, John, sê die groep wou sy pa se laaste wense bewaarheid nadat hy vir ʼn geruime tyd aan Alzheimer se siekte gely het.

“My broer het die laaste ruk sy lewe aan my pa se versorging gewy om te verseker dat hy oukei is. Ons wou die helfte van die as op my ma se graf strooi, en die ander in die rivier soos hy gevra het. Dit is ʼn tragiese dag en ons weet nie of ons ooit sal kan herstel nie.”

Louis se pa is twee weke gelede oorlede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Adri ·

Sjoe, dit is tragies. Maar dit is waarskynlik die skroef van die boot wat hom getref het en nie die “masjien” nie.

Antonio Bredenhand ·

Maroela media daar moet darem seker n skaarste aan plaaslike nuus wees as julle dink die nuusberig is enigsins nuuswaardig vir ons.

Boer van Doer ·

Antonio, jy hoef dit nie te lees nie, Maroela gee dit gratis en laat dit oor vir lesers om dit te lees of te ignoreer, ek stel voor dat jy nie vir hul probeer voorskryf wat om te plaas nie.

Cherokee ·

Antonio, jy kan nie vir òns praat nie maar net vir jouself. Dit is arrogant om te dink jy kan optree as spreker vir die lesers. Dankie Maroela, dat julle wyer berig as net plaaslik.

Ag toe nou ·

Daar is iets soos plaaslike nuus en daar is iets soos wêreldnuus. Miskien moet u visie bietjie verbreed, mnr Bredenhand. Ek vind dit interessant en leersaam.

Stan ·

Antonio, Afrikaans word in ander dele van die wêreld ook geparaat. Dankie MM vir internasionale nuus.

De Villiers ·

Antonio, as jy meer nuuswaardiger berigte vir Maroela Media kan aanbied of selfs skryf, doen dit of hou jou negatiewe kommentaar vir jouself. Niemand verplig jou om MM se berigte te lees nie.

Petra Brummer ·

Sjoe mense is gebroke oor groot verlies vir 2de keer in kort rukkie en Maroela Media lesers val mekaar aan. Terwyl God die wêreld nie net Suid Afrika nie) so liefgehad het gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. Joh 3:16-17. Ek bid dat die God van Vrede elke mens wat geraak is deur die groot tragedie se hart en sinne sal bewaar en dat Heilige Gees die gebrokenes self sal vertroos en elke leemte sal vul.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.