Man sterf wat duisendpoot insluk

Argieffoto

‘n Tuinier van Thailand het gesterf kort nadat hy, onder die invloed van alkohol, ‘n lewendige duisendpoot ingesluk het.

Wansadej Kongkul (39), ‘n tuinier by ‘n hoërskool in Khon Kaen, sowat 340km noordoos van Bangkok, het Maandag glo die duisendpoot geëet nadat die insek hom aan sy vinger gebyt het terwyl hy gras gesny het, het kaptein Suphatannachai Naphasakul, woordvoerder van die polisie gesê.

“Sy vriend het gesê Wansadej het hom vir bietjie water gevra om die wond skoon te maak, en het toe die duisendpoot ingesluk,” het Suphatannachai gesê. “Ná sowat 20 minute het Wansadej vomeer, en sy vriend het gesê hy moet bietjie gaan lê. Toe hy twee ure later terugkeer, was Wasadej ‘n groenerige kleur en dood.”

Beide mans het glo voor die voorval gedrink. “Ons het ‘n outopsie gedoen om te bevestig of dit wel die duisendpoot is wat hom laat sterf het,” het Suphatannachai gesê.

In Thailand word daar na bewering geglo dat duisendpote ‘n medisinale waarde het. Een produk wat uit ryswyn en ‘n dooie duisendpoot bestaan, is glo ‘n seksuele stimulant en verhoog jou immuniteit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Marietjie

Dis nie n duisendpoot nie, maar n honderdpoot wat hy ingesluk het. Goeie genugtig…..