Man sterf wat hom buite Trump-verhoor aan brand steek

Oudpres. Donald Trump by die hof in Manhattan. (Foto: Sarah Yenesel/AFP)

Die man wat hom buite die hof in New York, waar oudpres. Donald Trump se verhoor plaasvind, aan die brand gesteek het, is dood.

Die polisie het hom vroeër as Maxwell Azzarello, van St. Augustine in Florida, geïdentifiseer.

Ooggetuies het vertel hoe hulle gesien het hoe hy Vrydag pamflette in die lug gooi, kort voor hy ʼn vloeistof oor homself gegiet en hom toe in ʼn park naby die hofgebou aan die brand gesteek het.

Azzarello is inderhaas vir behandeling geneem, maar ʼn woordvoerder van die New Yorkse departement van polisie het Vrydag bevestig dat hy gesterf het. Die polisie het geen verdere besonderhede verskaf nie.

Die Trump-saak het ná middagete hervat, ondanks die voorval. Die oudpresident het versoeke om kommentaar oor Azzarello van die hand gewys toe hy ná die breek na die hofsaal teruggekeer het.

Die 77-jarige eiendomsmagnaat het eindelose regsprobleme. Hy is tans gewikkel in ʼn strafsaak omdat hy glo die betaling van swyggeld aan ʼn porno-ster op die vooraand van sy 2016-verkiesingsoorwinning, verdoesel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.