Man tronk toe na hy voor Mugabe-konvooi insny

Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe

Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe

ʼn 28-jarige man is in Zimbabwe tot tronkstraf gevonnis in Zimbabwe nadat hy voor pres. Robert Mugabe se konvooi ingesny het.

Joseph Chakanetsa is deur landdros Tendai Rusinahama tot twee jaar tronkstraf gevonnis nadat hy aan roekelose bestuur skuldig bevind is. Hy is tot ʼn verdere 60 dae tronkstraf gevonnis omdat hy glo nie stilgehou het na die beweerde oortreding nie.

Chakanetsa is ook met $200 Amerikaanse dollar beboet omdat hy glo nie gehoor gegee het aan Mugabe se veiligheidspan se instruksies om na die Borrowdale-polisiekantoor te ry nie. Sy bestuurslisensie is gekanselleer en hy mag vir die res van sy lewe nie swaarvoertuie of openbare vervoervoertuie bestuur nie.

Chakanetsa het skuld beken op die aanklagte teen hom, maar het die hof om genade gesmeek. Volgens Chakanetsa het hy nie die presidensiële konvooi se sirenes gehoor nie en hy het hulle ook nie hoor verbykom nie.

Hy het gesê die vragmotor waarmee hy gery het, het baie geraas. Die voorval het verlede Saterdag plaasgevind. Volgens die staatsaanklaer het ʼn polisiebeampte Chakanetsa beveel om stil te hou nadat hy in Mugabe se konvooi beland het.

Chakanetsa het aan die versoek gehoor gegee maar glo weggejaag nadat hy beveel is om die polisiestasie te ry. Volgens die staatsaanklaer het Chakanetsa roekeloos deur die verkeer gery en is hy eers sowat 25km verder vasgetrek.

Volgens Chakanetsa was hy baie bang toe hy besef het hy is deel van Mugabe se konvooi. Hy het gesê hy het besef dit is Mugabe se konvooi maar dat dit toe te gevaarlik was op stil te hou. Hy het ter strafversagting gesê niemand is beseer nie en daar was nie ʼn botsing of enige skade aan eiendom nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Drikus ·

So bitterlik onregverdig. Is daar nie iewers ‘n regsgeleerde wat bereid sal wees om hom op die een of ander wyse te help nie?

Asseblief.

Wat-ek-lees ·

Ek glo hy het gedink hy is in die RSA want hier word jy in die gesig gekyk voordat daar dan voor jou ingedraai word.

vierkleur ·

wens hulle wil die ouens begin toesluit hier in SA, wat die stop strate en verkeersligte verontagsaam.
Hulle sal so paar honderd tronke moet aanbou eers :)

kitty ·

Ag nee wat !!!!! Dis darem te erg die ou man moes al lankal in n ouer tehuis gesit het hy is n regte tiran,dink hy hy is god ???? Ooo nee magtig die arme man moet gehelp word in die tronk.

John ·

Mense, moet tog ook nie voor die grootbaas van die SABC (die’ een met die goeie kwalifikasies) inry nie, want iemand wat dit waag se kop sal sekerlik whaaa… wha… wha, wha … waaaai….iiii… boem!… boemmm!!

Donovan ·

kyk wat wag vir ons… Mugabe is hoe oud en hulle sit nog steeds met hom…. weet julle hoe lank gaan ons met Zumpie sit… kyk hoeveel geld het hulle al gespandeer om van hom ontslae te raak… dit is een liegspul op n ander en ek en jy betaal daarvoor…

Regverdig ·

Weet ons is ALMAL ewe voor die WARE GOD. Bg v Zim vat sy kans hier maar weet nie van later.. wegkom…aikona niemand dié dag KOM.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.