Man tronk toe oor video van Christchurch-aanvalle

Philip Arps (links) in die hof. Foto: (John Kirk-Anderson/Pool via AP)

ʼn Sakeman is tot 21 maande tronkstraf gevonnis nadat hy ʼn video rondgestuur het van die dodelike moskee-aanvalle in Christchurch, Nieu-Seeland.

Die video wys hoe die aanvaller 51 mense by twee moskees begin doodskiet. Regter Stephen O’Driscoll het bevind Philip Arps het in effek ʼn haatmisdaad gepleeg deur die video te versprei. Arps het vroeër skuldig gepleit op twee aanklagte wat met die verspreiding van die video verband hou.

Volgens O’Driscoll het Arps toe hy oor die video uitgevra is, dit as “fantasties” beskryf en het hy geen empatie jeens die slagoffers getoon nie.

Die staat het die 44-jarige Arps daarvan beskuldig dat hy die video aan ʼn onbekende persoon gestuur het, en dié persoon beveel het om ʼn visier en ʼn dodetal in te voeg. Aanklaers het gesê Arps het die video daarna na 30 mense aangestuur.

Die skieter het ʼn kamera op sy valhelm vasgemaak en die aanval regstreeks op Facebook vertoon. Kopieë is van die skokkende video van 17 minute gemaak en wyd op die internet gekyk, terwyl IT-maatskappye gespook het om dit te verwyder.

Die land se hoofsensor, David Shanks, het die video en ʼn manifes geskryf deur die persoon wat van die aanval beskuldig word, verbied. Dit beteken in Nieu-Seeland is dit onwettig om na die video te kyk, te besit óf te versprei. Talle mense voer egter aan die verbod op die video maak inbreuk op die reg op vryheid van spraak.

Minstens ses mense is aangekla dat hulle die video versprei het. Arps en nog ʼn persoon, ʼn 18-jarige, het in Maart agter tralies beland. Die ander vier is nie in aanhouding nie.

Die 18-jarige word daarvan aangekla dat hy die video en ’n foto van die Al Noor-moskee gedeel het met die woorde “teiken bereik”. Meer as 40 mense is by die moskee vermoor. Hy verskyn weer op 31 Julie wanneer die hof sal oorweeg of hy op borgtog vrygelaat mag word en elektronies dopgehou sal word.

ʼn Australiër, Brenton Tarrant (28), staan tereg op 51 aanklagte van moord en 39 aanklagte van poging tot moord vir die aanvalle. Hy het verlede week onskuldig gepleit op al die aanklagte teen hom. Sy verhoor sal in Mei volgende jaar begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Skoolgeld ·

Dis nie ñ grap om in ñ eerste wêreld te bly nie nê! Eindig jy met jou bas ini tronk net om iets wat gister besluit was ontwettig is, vandag op jou selfoon het. Die woordtjie is WET en ORDE wat SA verloor het!

wet ·

Die probleem daarmee is ook dat daar soveel ‘human rights’ daarmee saamkom in 1ste wereld lande, dat kriminele meer reg het as die slagoffer. Soos in die geval van ek dink Noorwee waar mans van die midde ooste tiener meisies seksueel aanrand en wegkom daarmee. Maar laat iemand sy mond oor hulle uitspoel dan is dit rassisties en oppad tronk toe met jou soos in die bg geval.

Pop ·

Hoe wonderlik moet dit wees om in n land te woon waar wet en ORDE nog heers

Nederkaner ·

Dis nogal rof hoor. Die polisie wil nie my “bribes” vat nie :)-

PJC ·

Hierdie is uiters belaglik en ook dubbele
standaarde as ń mens kyk wat alles op die internet verskyn. As die ANC dit sien gaan huul ons een van die dae belet om oor plaasmoorde te berig want dit sal hul pas om dit stil te hou.

Riaan le Roux ·

Hoor hoor!

Daar is ‘n baie groot verskil tussen wet en orde, en die denkepolisie se sensuur. Hierdie is ‘n geval van die laasgenoemde. Ons sal na hierdie “wetteloosheid” verlang wanneer die tydelike wagte voor ons monde, permanent word.

Daar is nie so iets soos “haatmisdaad” nie. Dis belaglik.

Francois in NZ ·

Ek kan net dink dat jy ook die sulke verspreiders wat moordenaars se werke bewonder graag in die tronk wil sien as hulle die wereld wys hoe hy jou geliefde vermoor of n plaas aanval doen. Weereens : doen aan ander wat jy graag aan jou gedoen wil he. Daar is geen regverdiging vir n siening soos die nie. Geen vrede en berou kant hieruit groei nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.