Man vas ná hy bank in rolstoel beroof

'n Skermskoot van kringtelevisiebeeldmateriaal wat na die rooftog geneem is. Foto: NYPD via AP

‘n Skermskoot van kringtelevisiebeeldmateriaal wat na die rooftog geneem is. Foto: NYPD via AP

ʼn Man is in hegtenis geneem twee dae nadat hy ʼn bank in New York helder oordag in ʼn rolstoel beroof het.

Kelvin Dennisson (23) is by ʼn hospitaal in hegtenis geneem twee dae nadat hy die Santander Bank se tak in Queens van $1 212 (amper R15 000) beroof het. Volgens die polisie het Dennisson by die bank ingebars en aan een van die kassiere gesê ‘gee my alles wat julle het’ en ‘ek het ʼn wapen’.

Die teller het die geld aan hom oorhandig voordat hy homself by die bank uitgestoot het en straataf gevlug het. Dennisson is twee dae later na ʼn hospitaal in Queens waar iemand hom herken het en die polisie in kennis gestel het. Die owerhede wou nie bekend maak waarvoor Dennisson behandeling gesoek het nie.

Volgens die polisie was Dennisson in ʼn rolstoel nadat hy tydens ʼn skietgeveg beseer is. Dennisson word intussen aangekla van roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Canned Phantom ·

Is dit nou wat hulle bedoel as hulle sê kriminele is eintlik onnosel? Dis nou soos om ‘n mes na ‘n skietgeveg te neem. Jy gaan nie regkom nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.