ʼn Man is in China in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn stomp skeermes gebruik het om drie pasiënte in ʼn verpleeghuis se testikels af te sny.
Die plaaslike media het Donderdag berig dat die man glo onder meer ʼn 60-jarige verstandelik gestremde pasiënt gekastreer het. Hy het glo ook ʼn testikel van twee bedlêende pasiënte, onderskeidelik 53 en 80 jaar oud, verwyder.
Die man het die drie slagoffers glo vasgebindvoor hy hul privaatdele met ʼn stomp skeermes afgesny het. Die verdagte is glo ook ‘n pasiënt by die verpleeghuis, maar ander pasiënte by die beweer hy is ʼn verpleër. Plaaslike owerhede kon nie vir kommentaar bereik word nie, en die rede vir die aanval is nog onbekend.
Die Xinhua-nuusagentskap berig dat toestande in Chinese verpleeghuise vir bejaardes en gestremdes baie swak is weens ʼn gebrek aan befondsing en goeie bestuur.
Goeie genade – dis mos SIEK ! Wat meer kan mens sê.
Trippie, dit is “siek” inderdaad, maar ons kan hom dalk hier ten gronde suksesvol gebruik, ek het so n paar idees.
Jy is 100% REG – ek wou dit EERS tik, toe los ek maar !
Ek het ook gedink ons moet hom vra om hierheen te emigreer. Iewers is daar dalk ‘n spies wat pla.