Man vas ná hy glo drie se geslagsdele afsny

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is in China in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn stomp skeermes gebruik het om drie pasiënte in ʼn verpleeghuis se testikels af te sny.

Die plaaslike media het Donderdag berig dat die man glo onder meer ʼn 60-jarige verstandelik gestremde pasiënt gekastreer het. Hy het glo ook ʼn testikel van twee bedlêende pasiënte, onderskeidelik 53 en 80 jaar oud, verwyder.

Die man het die drie slagoffers glo vasgebindvoor hy hul privaatdele met ʼn stomp skeermes afgesny het. Die verdagte is glo ook ‘n pasiënt by die verpleeghuis, maar ander pasiënte by die beweer hy is ʼn verpleër. Plaaslike owerhede kon nie vir kommentaar bereik word nie, en die rede vir die aanval is nog onbekend.

Die Xinhua-nuusagentskap berig dat toestande in Chinese verpleeghuise vir bejaardes en gestremdes baie swak is weens ʼn gebrek aan befondsing en goeie bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peter Says ·

Trippie, dit is “siek” inderdaad, maar ons kan hom dalk hier ten gronde suksesvol gebruik, ek het so n paar idees.

Grassie ·

Ek het ook gedink ons moet hom vra om hierheen te emigreer. Iewers is daar dalk ‘n spies wat pla.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.