Man vas na hy ‘Trump wou vermoor’

Sandford tydens sy inhegtenisname. Foto: AP Photo/John Locher, File

Sandford tydens sy inhegtenisname. Foto: AP Photo/John Locher, File

ʼn 20-jarige Brit, wat onlangs na die VSA verhuis het, is in Las Vegas in hegtenis geneem en het glo aan die polisie erken hy wou Donald Trump vermoor.

Die verdagte, Michael Steven Sandford, is in hegtenis geneem toe hy ʼn polisieman se vuurwapen probeer afneem het tydens ʼn politieke byeenkoms waar Trump, die Republikeine se presidentskandidaat, gepraat het.

Volgens die Amerikaanse geheimediens beplan Sandford al glo vir langer as ʼn jaar lank ʼn sluipmoordaanval op Trump. Hy het Maandag in ʼn Nevada-hof verskyn en is borgtog geweier. Hy word van geweld aangekla en het nog nie gepleit nie.

Die landdros het gesê Sandford is ʼn moontlik gevaar vir die samelewing en ʼn vlugrisiko. Sandford het in voetboeie in die hof verskyn. Sy regsverteenwoordiger het gesê Sandford het outisme en het voorheen probeer selfmoord pleeg. Hy is werkloos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Spook ·

Ek het al maande terug op die einste blad gese, kyk nog mooi Trump gaan vermoor word want hy is n groot bedreiging vir die NWO . Hy praat die waarheid soos dit is en vandag se wereld hou net net mooi niks daarvan nie . Call a spade a spade. TRUMP FOR PRESIDENT!!!!

Esmay ·

Spook, stem saam met jou. Net jammer ons kan hom nie as president inkatrol nie !!

tamboti ·

EN! hy kan ‘n man (of vrou) “fire” wanneer hul nie werk of presteer of luister nie.
Wonder hoeveel sou stakers vorder in een van sy maatskappye?

Theresa B ·

Ha ha – Wonder wat sê ou tuit-lippe hiervan?! Seker ook vol brawade en daag die wêreld uit……….. Geen bang haar (pruik) op sy kop nie.

Corentia ·

Genade vir iemand wat dit al vir langer as ‘n jaar beplan het hy duidelik nie sy huiswerk goed gedoen nie.

John ·

Niemand sal vir ouma Hillary vermoor nie. Sy sal die droom-president wees. Almal kry net wat hulle wil he, almal kan in die VSA kom bly en sy waarborg dat niemand dan enige misdaad of terrorisme sal beoog nie, uit dankbaarheid… Natuurlik sal sy vriende wees met al die lande in die wereld, behalwe Rusland. Sy sal elke dag wat sy president is, skoorsoek met die land en uittartende berigte die wereld instuur in die hoop dat iemand uit daardie ‘gevaarlike’ land ‘n foutjie maak, dan begin sy met ‘n oorlog… ‘n wereldoorlog, terwyl sy vrolik in die son sit en truitjies brei vir haar dierbare kleinkinders… soos oumas destyds langs die guillotines…

Cherokee ·

Hul emmigrasiewette het groot gate as ‘n werklose Engelsman in Amerika kan gaan woon.

Christo ·

Kry net ou FW met sy teenwigte! en jaag die verkramptes Republikeine weg !

Christo ·

Kry net ou FW met sy teenwigte! en jaag die verkramptes Republikeine weg !

Christo ·

Kry net ou FW met sy teenwigte! en jaag die verkramptes Republikeine weg !

Vlakvark ·

“Het onlangs na VSA verhuis”
Maar hy beplan al langer as i jaar di moord!
So… het di VSA hom toegelaat om te verhuis met die wete dat hy Trump wil vermoor?…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.