ʼn 30-jarige man is in hegtenis geneem in verband met die moord op die akteur Morgan Freeman se stief-kleindogter in New York.
Lamar Davenport is Maandag in hegtenis geneem.
E’dena Hines (33) is Sondag dood aangetref in die straat voor haar luukse woonstelgebou in Manhattan met verskeie steekwonde in haar bors.
Dit is nog nie duidelik of Davenport reeds regshulp het wat namens hom kommentaar kan lewer nie.
Volgens die polisie was Davenport en Hines in ʼn verhouding betrokke.
Freeman het ʼn verklaring uitgereik waarin hy sê “die wêreld sal nooit haar kunsskat en talent ken nie” en bygevoeg het hoeveel sy gehad het om te bied.
Hines het drama studeer en was betrokke by programme om stedelike jeugdiges op te lei. Sy was die kleinkind van Freeman se eerste vrou, maar hy het nooit na haar verwys as sy “stief-kleinkind” nie.
Hulle is toetentaal onbekend aan my. Vir hulle sal enige insident wat ons boerenasie aangaan net so min saak maak soos die man in die maan.
Wat egter gebeur het is onaanvaarbaar en mag die skuldige se turf sit.
Lyk my daar steek hulle ook met mese.
Wat ‘n tragiese, sinnelose gebeurtenis