Man vas oor ‘Geseënde Kersfees’-rooftog

David Oliver (Foto: Colorado Springs-polisie/Twitter)

David Oliver (65), van Colorado in die VSA, is in hegtenis geneem ná ʼn rooftog Maandag by ʼn bank in Colorado Springs.

Die polisie het gesê die verdagte het gedreig om ʼn vuurwapen te gebruik voor hy met ʼn onbekende bedrag gevlug het.

ʼn Ooggetuie het aan die plaaslike uitsaaier KKTV gesê die rower het buite die bank, ná die rooftog, die geld in die lug gegooi en geskree “Geseënde Kersfees!” Omstanders het glo die geld aan die bank teruggegee nadat hulle dit opgetel het. Duisende dollar word egter steeds vermis, berig die Denver Post.

Polisiebeamptes het reageer op die rooftog en die man opgespoor waar hy buite ʼn nabygeleë koffiewinkel sit. Hy is “sonder voorval” in hegtenis geneem.

Die Colorado Springs-polisie het ʼn foto van die verdagte op sy Twitterblad gedeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.