Man vas oor ontploffing op Londen-moltrein

Parsons Green-treinstasie in Londen (15 September 2017) Foto: Pool via AP

Die polisie in Engeland het ʼn 18-jarige man Saterdag in Dover in hegtenis geneem in ʼn “beduidende ontwikkeling” in die soektog na die persone wat ʼn sprinstoftoestel Vrydag in ʼn moltrein laat ontplof het.

Minstens 30 persone is tydens die ontploffing beseer.

Eerste minister Theresa May het Vrydag Engeland op die hoogste sekuriteitsvlak van “kritiek” geplaas, wat beteken dat nog ʼn aanval moontlik is en soldate en gewapende polisiebeamptes is na strategiese persele ontplooi om na die oortreders te soek.

Dit is die vyfde groot terreuraanval vanjaar in Engeland. Die tuisgemaakte toestel het Vrydagoggend tussen spitstyd in ʼn volgepakte ondergrondse trein afgegaan, maar het glo nie ten volle ontplof nie.

Die militante groep Islamitiese Staat het verantwoordelikheid aanvaar.

“Ons het vanoggend ʼn noemenswaardige inhegtenisneming gemaak in ons ondersoek,” het Neil Basu, senior nasionale koördineerder vir teenterreurbeleid, gesê. Hy het dit laat blyk dat nog inhegtenisnemings kan volg. “Om die ondersoek te beskerm, kan ons nie in hierdie stadium meer inligting oor die man, wat ons in hegtenis geneem het, bekend maak nie.”

Die man is by die hawegebied van Dover in hegtenis geneem, waar passasierveerbote na Frankryk vaar.

Die ploftoestel was aan ʼn horlosie gekoppel, in kontras met onlangse ontploffings wat deel was van selfmoordbomaanvalle.

Foto’s van die toneel wys ʼn wit plastiekemmer met elektriese drade wat in ʼn supermark-sakkie op die vloer van die trein staan.

Die Parsons Green-stasie, waar die aanval plaasgevind het, het Saterdag weer oopgemaak.

Gewapende polisie het die strate van Londen naby regeringsgeboue in Westminster gepatrolleer.

Die laaste keer wat Engeland op ʼn “kritieke” vlak geplaas is, was in Mei toe 22 persone, insluitende kinders, gesterf het toe ʼn selfmoordbom by ʼn Ariana Grande-konsert in Manchester afgegaan het. Die bedreigingsvlak was vier dae lank op dié vlak terwyl beamptes probeer bepaal het of die man alleen gewerk het of saam met ander gewerk het.

May het gesê die publiek moet nie bekommerd wees om gewapende beamptes in die straat te sien nie – ʼn seldsame gebeurtenis in die land. “Dit bied ekstra beskerming terwyl die ondersoek voortduur,” het sy gesê.

-Reuters

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

humor ·

En so het hulle vir hulself n probleem geskep. Gaan dit die toekoms van die sg. Great Britten wees?

Naam loos ·

Hierdie laat my terug dink aan die bom aanvalle van die ANC wat kinders En vrouens teiken in publieke plekke.

Rooi Jan ·

Ja toe dit in Suid Afrika gebeur het was dit “legitimate freedom fighters” as dit in Engeland gebeur is dit terrorisme. Kan iemand help met n verduideliking van hoe presies dieselfde lafhartige daad verskillende name kan kry?

jaco ·

ek moet amper R2000 vir n visum betaal sodat ek die Verenigde Koninkryk mag besoek. in die visumaansoek word honderde goed gevra oor my verlede, hede en selfs my toekoms. Amper al wat nie gevra word nie, is hoeveel maal per dag ek my tande borsel/ En asof al hierdie scrutiny en die R2000 nie genoeg is nie, word die helfte van die visumaansoek se vra WEER by aankoms in die VK deur paspoortbeheer gevra, terwyl hulle kan sien daars n geldige Britse visum in my paspoort.
Met al hierdie gesukkel, is dit vir by BITTER vreemd dat ander mense bloot met “refugee status” in daardie selfde inkom sonder amper enige “background scrutiny”. Owerhede daar moet mos nou weet dit gaan tipes laat inkom wat later moeilikheid gaan maak.
wat ek ook nie verstaan nie, is waarom moslems hoegenaamd in westerse lande gaan bly. Honderde goed wat in hulle geloof “sonde” en selfs met die dood strafbaar is in moslemlande, is aanvaarbaar in westerse lande. eet van varkvleis, gay huwelike, voor en buitehuwelikse seks, pornografie is maar net 4 goed wat hulle geloof absoluut afkeur. waarom gaan bly hulle dan in lande waar al hierdie “sondes” aanvaarbaar is? Kort voor lank skok al die “sondes” in die weste hulle so erg dat hulle met radikale goed die “sondaars” rondom hulle begin straf.

MANIE ·

Is dit nou nie die einste britte wat simpatie soek wat destyds die anc verwelkom het in hulle land terwyl hulle bomme hier geplant het. ??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.