Man vas wat glo gestremde vrou dae in bakkie los

Michael Redmon het sy gestremde vrou vir 5 dae lank in sy bakkie gelos (Foto: Franklin County Detention Center via National Association to STOP Guardian Abuse)

’n Man van Kentucky in die VSA is in hegtenis geneem nadat hy glo sy gestremde vrou vir vyf dae lank in sy bakkie gelos het. Toe die vrou eindelik hospitaal toe geneem is, kon verpleegpersoneel haar nie uit die voertuig kry nie omdat haar vel aan die sitplek vasgekleef het.

Die Daily Mail berig Michael Redmon (51) word aangekla van mishandeling nadat hy sy vrou, Sherrie Redmon (48), op 12 Julie in sy bakkie buite hul huis in Frankfort, sowat 55 km oos van Louisville, vir dood agtergelaat het. Sherrie het kognitiewe uitdagings en sy kan nie loop nie.

Volgens die balju se kantoor in Franklin het Sherrie daardie dag vir Michael gevra om haar hospitaal toe te neem. Hy het haar in die voertuig gesit en net daar gelos.

Michael het na bewering geweier om Sherrie uit die bakkie te haal of hospitaal toe te neem. Volgens die polisie het sy herhaaldelik na Michael geroep om haar te help, maar hy het haar blatant geïgnoreer.

Michael het haar uiteindelik vyf dae later (op 17 Julie) na die Frankfort Regional Medical Centre geneem. Volgens die verpleegpersoneel het sy aan die sitplek vasgesit en was sy bedek met haar eie urine en ontlasting.

Verpleegpersoneel het ook opgemerk dat die toestand van haar vel plek-plek agteruitgegaan het. Haar lyf was met sere oortrek en sy het gangreen aan dele van haar lyf begin ontwikkel.

Paramedici is ontbied om Sherrie met ’n mediese hyser uit die bakkie te tel.

Sy is steeds in die hospitaal en Michael is tans in die Franklin County-gevangenes. Hy sal eersdaags in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Chanel

Arme vrou. Mag sy goed herstel en hy agter tralies sit van die res van sy lewe,

Juls

Gruwelooslik!

Africangrey

Vark

VaalDonkie

Jy kry darem maar snaakse mense

isabelle

hier kort emojis want ek wil nie altyd tik wat ek dink nie