Man vas wat hek by Buckingham-paleis uitklouter

Koningin Elizabeth. (Foto: ANA)

Die Londense polisie het ʼn man in hegtenis geneem wat die voorste hek van Buckingham-paleis uitgeklim het.

Koningin Elizabeth II was tuis tydens die voorval.

Die Metropolisie het gesê lede van sy koninklike beskermingseenheid het die 22-jarige man vroeg Woensdag in hegtenis geneem omdat hy die perseel vermoedelik betree het.

Hy is vandag vrygelaat terwyl die ondersoek voortduur.

Paleisamptenare wou nie sê of die koningin oor die voorval ingelig is nie.

Volgens die polisie het die klouteraar nie ʼn wapen by hom gehad nie en sy optrede word nie beskou as dat dit met enige ekstremistiese bedreiging verband hou nie.

Die man se identiteit is nie bekend gemaak nie en hy is ook nie formeel aangekla nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

6 Kommentare

Lynette ·

Ons mense wat die koningsgesin so aanhang, en enige nuus van hulle opslurp, stuit my teen die bors….hulle het gou vergeet van die mensemoord deur die Engelse koningsgesin en hul generaals…nogal vroue en kinders wat uitgemoor is…hulle behoort hulle te skaam!!

Abe ·

Obserweer,
Ek weet nie of ek jou kommentaar reg vertolk nie, maar as dit ‘n verwysing is na die koningin se voorkoms, is dit in uiters swak smaak en mens kan net wonder hoe jy sal lyk op daardie ouderdom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 22:00 en 06:00 op Vrydagaande, Saterdae, Sondae en Maandagoggende.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.