Man vas wat oor duif ry

Argieffoto (Foto: Freddy / Pixabay)

ʼn Taxibestuurder van Tokio is in hegtenis geneem ná hy doelbewus deur ʼn swerm duiwe gejaag en een se dood veroorsaak het, het die polisie Dinsdag gesê.

Die man was glo kwaad omdat die voëls op die pad was.

Atsushi Ozawa (50) is verlede week Sondag in die hoofstad van Japan in hegtenis geneem op aanklag van die oortreding van wildbeskermingswetgewing, het ʼn Tokio-polisiewoordvoerder aan AFP gesê.

Ozawa het van ʼn groen verkeerslig weggejaag en met sy taxi teen 60 km/h deur die swerm duiwe gejaag, berig plaaslike media.

Die klank van die enjin het ʼn verbyganger aangespoor om die voorval aan te meld.

Die polisie het ʼn veearts versoek om ʼn nadoodse ondersoek te doen op die duif en daar is bepaal die oorsaak van die duif se afsterwe is traumatiese skok.

“Paaie behoort aan mense. Die duiwe moes weggevlieg het,” het Ozawa glo aan ondersoekbeamptes gesê.

Volgens die polisie was sy gedrag “hoogs kwaadwillig” vir ʼn professionele bestuurder voor hulle besluit het om met die inhegtenisneming voort te gaan, het uitsaaier Fuji TV berig.

“Hoe op aarde kan mens in hegtenis geneem word ná jy oor ʼn duif gery het?” wou een gebruiker op X (Twitter) weet.

“Hy kon net sy toeter geblaas het of iets. Maar om dit doelbewus dood te ry? Dit is verregaande,” skryf ʼn ander.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

johan ·

ek is bly ,hulle moet dit ook in suid afrika doen.hy net soveel reg om te lewe soos enige mens ……..well done

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.