Man vermoor sussie, twee niggies

Argieffoto

ʼn Man is Saterdag in hegtenis geneem nadat die polisie die liggame van drie jong kinders, almal jonger as tien jaar, in ʼn huis in die Amerikaanse deelstaat Washington aangetref het.

Volgens polisieowerhede het die 24-jarige Antonio Williams van Clinton in dié deelstaat die moord op die drie slagoffers beken en homself aan die polisie oorgegee.

Volgens ʼn verklaring van die polisie was Williams veronderstel om om te sien na vier jong kinders, sy twee sussies en twee niggies, terwyl sy ma ʼn oortydskof as verpleegster gewerk het.

Die ma het glo ná haar skof teruggekeer en op die drie kinders se liggame in die huis afgekom.

Nadira Janae’ Withers (6), Ariana Elizabeth DeCree (9) en Ajayah Royale DeCree (6) is met ʼn mes doodgesteek. Williams het hul liggame saam in ʼn enkelbed gesit.

Volgens Hector Velez, woordvoerder van die Washington-polisie, het Williams nie probeer vlug nie.

Velez het Saterdag tydens ʼn perskonferensie gesê die kinders se dood het die gemeenskap én die polisielede geruk. Al die polisielede wat aan die saak werk, word verplig om sielkundige berading by te woon as gevolg van die trauma.

Williams kon tot op hede nog nie sê waarom hy die lewe van die drie kinders geneem het nie. Sy tweejarige sussie, wat ook tuis was tydens die voorval, is ongedeerd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SARIE VAN HEERDEN ·

Wil ons weet wie het wie vermoor in ander lande? Ons het reeds genoeg van ons eie,

VanAfrika ·

Hulle was seker stout toe kon hy hulle nie beheer nie of dalk wou hy gaan jol het toe is hulle in die pad of hy is net skoon siek indie kop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.