Man vermoor vrou met dwelms in pap

Christina en Jason Harris (Foto:
#FirstThem NEWS, Twitter)

’n Man van Michigan in die VSA wat daarvan aangekla word dat hy heroïen in sy vrou se pap gegooi het, is Woensdag skuldig bevind aan moord.

CBS News berig die mediese ondersoeker het Christina Harris se dood in 2014 as ʼn toevallige dwelm-oordosis geklassifiseer, maar ondersoekers het daarna beweer dat dit ʼn beplande moord deur haar man, Jason Harris (47), was.

Die moord het by hul huis in Davison, Genesee County, plaasgevind.

Volgens ʼn berig van Washington Post wat in 2019 publiseer is, het verskeie mense aan die polisie gesê dat Harris die aand van sy vrou se dood vir haar ʼn bak pap geskep het omdat sy glo honger was. Harris het gesê sy het haar bewussyn verloor terwyl sy die pap geëet het en het op hul sitkamervloer gelê.

Harris kon nooit sê waarom hy nie die ambulans gebel het nie.

Hy het eers die volgende dag ʼn buurman van die werk af gebel en gevra dat hulle na sy vrou moet gaan kyk omdat sy nie lekker gevoel het nie. Die buurvrou is na die Harris se huis en het haar dood in die bed aangetref.

Volgens familielede het Christina nie dwelms gebruik nie en ʼn monster van haar bevrore borsmelk het geen bewyse van dwelms getoon nie. Dit was die eerste keer dat Michigan-amptenare borsmelk as bewysstuk in ʼn strafsaak gebruik het.

“Hierdie is ʼn baie tragiese saak en my hart gaan uit na die familie en vriende,” het aanklaer David Leyton gesê.

WNEM berig Harris word ook daarvan beskuldig dat hy na bewering twee mense gevra het om sy vrou te vermoor. Een was glo ʼn voormalige kollega.

Harris het glo ook talle buite-egtelike verhoudings gehad.

Harris is in 2019, vyf jaar ná sy vrou se dood, aangekla. Hy het lewensversekeringsvoordele ter waarde van $120 000 (R1,87 miljoen) ontvang.

Twee weke ná Christina se dood het ʼn ander vrou by hom in die huis ingetrek.

Harris word deur ʼn lewenslange tronkstraf sonder die moontlikheid van parool in die gesig gestaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Frank John

Wreed. As jy nie doe vrou wil hê nie kan jy mos skei! Waarom haar vermoor?

AW

Siek Siek Mens !!

Janice

Wat gaan aan in hierdie wereld?

Alma

Sjoe, toe ek die artikel begin lees, het ek gedink die arme man gaan dalk onskuldig in die tronk beland, maar jinne, teen die einde hoop ek regtig hy kry daardie straf wat hulle noem. Hy verdien dit! Ek neem aan daar is iewers ‘n kindjie ook betrokke, agv die borsmelk. Hoop nie die arme kind het by hom groot geword nie.

Gato

Mag hy nooit weer die buitekant van n tronk sien nie. Ten minste werk die VSA se regstelsel nog. Lewenslange gevangenes sonder moontlikheid van parool. Dit is wat n lewenslange vonnis beteken. Nie 25 jaar en dan uit op parool na 6 of 8 jaar soos in hierdie Piesang republiek nie.