Man wen lotto 3 keer in een week

Christopher Kaelin

Christopher Kaelin

Christopher Kaelin (31) van Chicago in Amerika het die lotery drie keer in een week gewen.

Kaelin, wat glo “net soms” ʼn loterykaartjie koop, het altesaam $276 000 (bykans R3 miljoen) losgeslaan deur drie keer in een week aan dieselfde lotery deel te neem, volgens Illinois Lottery.

Hy het eers $25 000 gewen met ʼn krapkaartjie. “Ek en my verloofde was só bly oor die $25 000, dat ons gaan uiteet het. Ná die ete het ek by ʼn vulstasie gestop en ʼn blokraai-kitskaartjie gekoop. Ek het weer $1 000 gewen,” het hy vroeër aan die Illinois Lottery gesê.

Hy het ʼn week later weer dieselfde koerantstalletjie besoek waar hy die eerste wenkaartjie gekoop het, en gesien hy het $25 000 gewen. Op pad om sy wengeld te eis, het hy sy fout ontdek: die prysgeld is eintlik $250 000.

Mike Lang, woordvoerder vir die Illinois Lottery, het gesê drie sulke groot pryse binne een week is baie ongewoon.

Kaelin sê hy beplan om sy studentelening af te betaal, ʼn huis te koop, vir sy troue te betaal en vir sy dogter se tersiêre opleiding te spaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.