Man wil tronk toe om van vrou te vlug

(Argieffoto ter illustrasie)

ʼn 30-jarige man wat in huisarres in Italië is, het by ʼn plaaslike polisiestasie opgedaag en gevra dat hulle hom in die tronk moet toesluit omdat die lewe by die huis saam met sy vrou ondraaglik is.

Die Albanese burger wat in Guidonia Montecelio, buitekant Rome, woonagtig is, het aan die polisie vertel dat hy nie meer die gedwonge samesyn met sy vrou kan hanteer nie.

Volgens die Carabinieri-polisie het die man in huisarres ontsnap om sodoende die polisie by die stasie te vra om sy vonnis verder agter tralies uit te dien.

Die man was vir ʼn paar maande in huisarres vir dwelmmisdade en het nog ʼn paar jaar om uit te dien. Hy bly saam met sy vrou en kinders.

Die man is onmiddellik in hegtenis geneem weens die oortreding van sy huisarres en die geregtelike owerhede het beveel dat hy na die gevangenis oorgeplaas moet word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Cindy ·

As vrou het ek selfs simpatie – ek dink baie mans en dames het gedurende lockdown besef werk is lekker LOL

JohanR ·

En dis hoekom jou werks winkel met al sy gereedskap daar is. As jy die dag vlug dan gaan maak jy iets, of gaan maak iets reg. Na soe gelukkige 4 uur in die werks winkel dan gaan jy kombuis toe en soek vir jou ‘n koppie boere troos en ‘n toebroodtjie.

Hendrik ·

Met die baie egskeiding in hd sogenaamde beskaafde tydperk is daar seker baie lewensmaats wat die tronklewe bo hul huislike lewe sal verkies. Tragies.

Rooikopheks ·

Hahahaaa…..en nooit weer terug gaan nie….hahahaaa.

pompies ·

Hy is onder huis arres waar vang hy vis in die goud vis bak op die kombuis tafel

Misky ·

Ek moet bieg en terwyl ek die berig lees, begin ek al glimlag. Ek al baie kwaai tannies gesien en ek sou ook bang wees om saans my oë toe te maak en sy lê en brul langs my – ha ha ha ha

minnie muis ·

ek het so kwaai tannie gehad, die oom het gewoonlik gaan werk in garage op saterdag en dan kry ons hom lekker voor … hy het sy “hulp”versteek in verfblikke , ens want hy mag glad nie in huis gedrink het nie …..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.