Marilyn Monroe se rokke, briewe, tjekboek te koop

Marilyn Monroe Foto: AP Photo/File

Marilyn Monroe Foto: AP Photo/File

Marilyn Monroe se rok uit die fliek, “Some Like It Hot” en handgeskrewe briewe is van die items wat op ʼn veiling verkoop gaan word.

Meer as 1 200 items, insluitend Marilyn se skoene, handsakke, grimering en juwele, word in November in Los Angeles op ʼn veiling verkoop. Talle van die persoonlike items wat aan dié Hollywood-ikoon behoort het, is tans in Beijing vir ʼn privaat besigtiging deur Chinese versamelaars. .

Die 1950’s-aktrise is in 1962 in die ouderdom van 36 oorlede. Sy sou vanjaar haar 90ste verjaarsdag gevier het. Foto’s en herinneringe het haar in ʼn popkultuur-ikoon verander.

Ongeveer 800 items wat onder die hamer kom, kom uit Lee Strasberg se boedel, ʼn Amerikaanse afrigter vir toneelspelers, wat later ʼn vaderfiguur vir Monroe was. Ander items kom uit David Gainsborough-Roberts se versameling, ʼn groot versamelaar van Monroe se kostuums.

Die rok wat Marilyn gedra het toe sy “Happy Birthday, Mr President” aan die Amerikaanse president John F Kennedy gesing het, word ook te koop aangebied.

Lees meer oor die veiling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gerhard ·

Gits, ek het hier ‘n hele klomp van my ou tjekboeke in my laai. Ek sal hulle nou maar mooi toesluit sodat dit deel van my boedel kan vorm. My nageslag kan eendag baie geld maak deur dit (die tjekboeke, nie die nageslag nie) op te veil. Of verstaan ek iets nie mooi nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.