Marilyn Monroe-skildery van $200 miljoen binnekort te koop

Andy Warhol se 1964 “Shot Sage Blue Marilyn” tydens ʼn perskonferensie op 21 Maart 2022 in New York (Foto: Timothy A. Clary/AFP)

Christie’s-afslaers het Maandag aangekondig dat hy Andy Warhol se “Shot Sage Blue Marilyn”-skildery van Marilyn Monroe op ʼn veiling beskikbaar sal maak vir ʼn geraamde $200 miljoen (sowat R2,9 miljard).

Die afslaers sê die skildery sal na verwagting die duurste 20ste eeuse kunswerk word wanneer dit in Mei in New York op ʼn veiling te koop aangebied word.

Christie’s het in ʼn verklaring die 100 cm x 100 cm-syskerm werk as “een van die seldsaamste en mees transendentale beelde wat bestaan”.

Alex Rotter, hoof van die 20ste en 21ste eeuse kuns by Christie’s, het die skildery beskryf as “die mees betekenisvolle 20ste eeuse skildery wat in ʼn generasie onder die hamer kom”.

“Andy Warhol se Marily is die absolute toppunt van Amerikaanse Popkultuur en wat die belofte van die Amerikaanse Droom van optimisme, broosheid, roem en ikonografie in een werk insluit,” het hy in ʼn verklaring gesê.

Warhol het in Augustus 1962 net ná Monroe se afsterwe met die syskerms begin.

Die popkunstenaar het vier kunswerke as die “Shot Marilyns” geskep, almal ewe groot en met verskillende kleure vir die agtergrond.

Die “Shot Sage Blue Marilyn” wys Marilyn met ʼn pienk gesig, rooi lippe, geel hare en blou oogskadu teen ʼn ligblou agtergrond.

Tydens ʼn onthulling by Christie’s se hoofkantoor in Manhattan, het Rotter gesê die skildery hang langs Sandro Botticelli se “Geboorte van Venus”, Leonardo da Vinci se “Mona Lisa” en Pablo Picasso se “Les Demoiselle d’Avignon” as “kategories een van die beste skilderye van alle tye”.

Christie’s verkoop die werk namens die Zürich-gebaseerde Thomas en Doris Ammann-stigting. Die opbrengs uit die verkope sal tot voordeel van die stigting aangewend word wat die lewens van kinders wêreldwyd probeer verbeter.

Sotheby’s-afslaers het in 1998 die oranje Marilyn vir $17 miljoen verkoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pietertjie ·

Tran-sen-den-wat? Ek kry ‘n kramp in my tong as ek daai peperduur woord probeer uitspreek.

Pieter9 ·

Kunswerk?… van ‘n tragiese lewe; wys jou geld en waarde ‘ n wereld verwyderd van mekaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.