Marstuie oorleef komeet ongeskonde

Foto: ‘n Kunstenaarsvoorstelling van die verbyvlug.

Foto: ‘n Kunstenaarsvoorstelling van die verbyvlug.

Nasa berig dat al drie sy tuie wat om Mars wentel, die nabye verbyvlug van komeet Siding Spring sonder enige skade oorleef het.

Al drie het ook opnames van die komeet – so groot soos ‘n berg wat nader as 140 000 kilometer van Mars af “verbygeskuur” het – gemaak. Dit is veel nader as wat enige ander komeet waarvan die mensdom weet aan enige planeet, insluitende die aarde, gekom het. Dis ongeveer ‘n derde nader aan Mars as wat die maan van die aarde af is.

Vrese is uitgespreek dat die tuie skade sou opdoen van partikels uit die komeet se stert wat teen ongeveer 50 kilometer per sekonde trek.

Die tuie het almal ingewikkelde maneuvers uitgevoer om hulle so goed as moontlik te verskans, maar terselfdertyd die opnames te kon maak wat Nasa ‘n “geskenkpakkie vir die wetenskap” noem.

Die opnamedata word nou na die aarde gestuur waar dit verwerk word. Die eerste beelde word binne enkele dae verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.