Stan Lee, die man wat ʼn medestigter was van Marvel Comics, is Maandag in die ouderdom van 95 oorlede.
Lee se dogter J.C. het aan TMZ bevestig ʼn ambulans het Maandagoggend vroeg by sy huis in Hollywood Hills opgedaag en hy is na die Cedars-Sinai-hospitaal geneem waar hy gesterf het. Hy het die afgelope jaar met sy gesondheid gesukkel, van longontsteking tot probleme met sy sig.
Lee was ʼn Amerikaanse strokiesprentskrywer, redakteur, uitvoerende filmvervaardiger, akteur en uitgewer. Hy het in 1961 saam met Jack Kirby die maatskappy Marvel begin met The Fantastic Four. Hy het daarna Spider-Man, Black Panther, The Incredible Hulk, X-Men, Iron Man en The Avengers geskep. Hy was ook betrokke by die skep van Doctor Strange, Daredevil, Ant-Man en Thor.
Hy het in talle Marvel-flieks verskyn as ʼn agtergrondkarakter.
Lee se vrou Joan is in 2017 oorlede. Hulle was 69 jaar lank getroud. Lee sou op 28 Desember sy 96ste verjaarsdag gevier het.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
8 Kommentare
Dis nou hartseer nuus. Ek het juis voreër die week nog vir my meisie gesê dat hy nog ‘n 100 gaan tref een dag terwyl ons Ant man gekyk het. Hy was ‘n legende in die comic wêreld en sal gemis word.
RIV Mr. Lee
Jakalas hy was inderdaad ‘n legende. Rus in vrede. JY het baie plesier aan baie gebring met jou fantastiese comics. Marvel is Mnr Lee.
Dankie vir al wonderlike comics!!! RIV.
Stan Lee tesame met Jack Kirby en Steve Ditko was legendes. Daar gaan nie gou weer iemand soos hulle wees nie. Hy het gehelp om comics te verhef tot literatuur en kuns. Hy het ook deur middel can comics die regte van minderheids groepe bevorder.
Rus in Vrede Stan. Jou nalatenskap aan ons is baie groot.
Baie dankie vir alles wat jy vir die wereld en myself gegee het, jy gaan beslis gemis word!