Massa-skietery by skool verhoed

Argieffoto

Argieffoto

Twee leerlinge is in Los Angeles in Amerika in hegtenis geneem op verdenking dat hulle ʼn massa-skietery by ʼn hoërskool beplan het.

Die plaaslike polisie het Maandag in ʼn verklaring gesê die skietery sou by die Hoërskool South Pasadena plaasgevind het, maar is verhoed toe skoolbeamptes ʼn wenk deurgestuur het.

Volgens die South Pasadena-polisie het die twee tieners beplan om drie personeellede en “so veel as moontlik skoliere” dood te skiet. Van die skool se beamptes het glo bewus geraak van “verdagte optrede” en het met die polisie in verbinding getree.

Een van die leerlinge is sonder voorval in hegtenis geneem, maar die ander een het hom verset en wou vlug.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Marietjie ·

Hierdie nuus is so skokkend dat ek nie eens woorde het nie. Kinders wat so min ag slaan op lewens om reeds te beplan watter onderwysers hulle gaan doodmaak en “soveel as moontlik skoliere”… Dit is net ondenkbaar dat kinders so ongelooflik koelbloedig kan wees. Dit maak my bang om te dink waar gaan alles heen…dis net so boos.
Waar is die dae toe ons kinders was en enige stout gedrag gou uit die weg geruim is met `n ordentlike boere pakslae? In my tyd was kinders onmoontlik stout gewees maar nie koelbloedig nie en het verseker ook nie massa moorde beplan nie..Dit is seriously scary stuff…

Koos ·

Ons het die Here uit on skole verban en Satan het die gaping gevat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.