Massamoordenaar Charles Manson gaan trou

Die toekomstige bruidspaar. Foto: Mansondirect.com

Die toekomstige bruidspaar. Foto: Mansondirect.com

Charles Manson, die massamoordenaar wat in 1969 saam met sy meelopers die swanger aktrise, Sharon Tate en nog ses ander mense vermoor het, gaan nou in die tronk trou.

Manson, nou 80 jaar oud, kom eers in 2027 vir parool in aanmerking.

Hy tree met die 26-jarige Afton Elaine (Star) Burton in die huwelik. Burton beywer haar al jare lank om Manson se onskuld te bewys.

Die huwelikslisensie is toegestaan, en die tronk het ’n huweliksbeplanner aangewys om die reëlings te tref. Die paartjie moet voor Februarie 2015 trou, anders verval die huwelikslisensie.

Omdat hy lewenslange tronkstraf uitdien, is Manson nie geregtig op huweliksbesoeke nie. Volgens Burton wil sy met Manson trou omdat sy dan inligting kan bekom wat nie beskikbaar gestel word aan persone wat nie aan die beskuldigde verwant is nie.

Toe Burton ’n jaar gelede aan die media vertel het dat sy en Manson trouplanne het, het Manson dit as “twak” afgemaak.

Twee van Manson se meelopers, Leslie Van Houten and Patricia Krenwinkel, is ook steeds in aanhouding.

Klik hier om die volledige berig in The Telegraph te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Helene Heyns ·

Dit is nou wat ek lewenslange tronkstraf noem. Nie soos in Suid Afrika wat dit net `n paar jaar agter die tralies beteken nie.

Chris van Heerden ·

In 2027 is hy al lankal die ewigheid in en stof tot dankbaarheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.