Massavergiftiging by kleuterskool

Argieffoto

Argieffoto

Twee kinders is dood en 30 baie siek ná ‘n massavergiftiging by ‘n kleuterskool in die suidweste van China.

Ondersoekbeamptes het bevind dat die kinders, tussen vier en vyf jaar oud, met ‘n sterk rotgif vergiftig is, maar dit is nog duidelik hoe die gif Woensdag toegedien is nie. Die staatsuitsaaier CCTV het gesê die skool het verlede jaar studente begin inskryf, alhoewel hy nog nie ten volle gelisensieerd was nie.

Saam met die kinders is twaalf ander persone ook in die hospitaal opgeneem, waarvan drie in ‘n ernstige toestand is.

Chinese skole word geteister deur massa-mesaanvalle en ander aanvalle deur persone wat geestelik versteurd is of ‘n wrok koester. Daar was ook al voorvalle waar personeel van skole medikasie sonder toestemming toegedien het. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.