Matt LeBlanc sluit by Top Gear-span aan

Matt LeBlanc, Chris Evans en die Stig Foto: BBC

Matt LeBlanc, Chris Evans en die Stig Foto: BBC

Die BBC het gesê die voormalige “Friends”-ster, Matt LeBlanc, gaan by die uitsaaier se gewilde “Top Gear”-program aansluit.

LeBlanc, wat Joey Tribbiani op die NBC-sitkom “Friends” gespeel het, gaan die motorprogram saam met Chris Evans aanbied. Dit is die eerste keer in Top Gear se 39 jaar lange geskiedenis wat ʼn nie-Britse akteur die program gaan aanbied.

Top Gear is wêreldwyd gewild danksy die program se motorwenke, waaghalsbestuurders en grappige kommentaar.

Die program het ʼn nuwe baadjie aangetrek nadat die voormalige aanbieder, Jeremy Clarkson, die program ná ʼn skandaal verlaat het. Clarkson is afgedank toe hy ʼn vervaardiger tydens ʼn onderonsie bygedam het. Die twee ander aanbieders, Richard Hammond en James May, het ook die program verlaat.

Evans is in Junie 2015 as een van die nuwe aanbieders aangekondig.

LeBlanc is ʼn selferkende “motorfanatikus” en hy is “baie opgewonde” om deel te wees van die program se nuwe hoofstuk. “Wat ʼn avontuur!” het hy gesê.

LeBlanc het vantevore as ʼn “Star in a reasonably priced car”-insetsel op Top Gear verskyn:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Anna ·

Good luck aan hulle. Sal eerder die een kyk met James, Richard en Jeremy

Top gear fan ·

Hulle kan dit maar los! Top Gear sonder James,Richard en Jeremy is nie Top Gear nie!!!!

Johann Marx ·

Nêrens in die wêreld was ‘n program wat van aanbieders verander het suksesvol nie…..want dis nooit weer dieselfde nie, daarom verloor jy al jou “ou” kykers/luisteraars en moet die “nuwe” aanbieders hulle eie “nuwe gehoor” kry…en dit vat baie lank indien ooit. Tragies dat ‘n groot uitsaaier soos bbc nie hierdie konsep verstaan nie. As Jeremy, Richard en James nou ‘n nuwe soortgelyke program by ‘n ander uitsaaier begin…..vat hulle AL bbc se kykers saam.

Jakoba ·

Top Gear sal nooit weer so goed wees nie. James, Richard en Jeremy het dit gamaak. BBC het n groot fout gemaak. Top Gear in ander lande suck.

Ben ·

Ten minste is die Stig nog daar. Ek het ‘n gerug gehoor dat dit James May is…

Chris H ·

Jeremy, Richard en James is al klaar besig om n nuwe reeks te vervilm. Hul is by n suster maatskappy van die bbc betrokke

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.