Mauritius is die rykste Afrika-land in terme van die gemiddelde rykdom per persoon volgens New World Wealth se jongste navorsingsverslag.
Andrew Amoils, hoofnavorser by New World Wealth, het gesê volgens die Africa Wealth Report is mense wat in Mauritius woon, die rykste individue in Afrika met 21 700 Amerikaanse dollar in rykdom per persoon, terwyl mense wat in Zimbabwe woon, die armste is met $200 per persoon.
Volgens Amoils steeks Afrika-lande egter sleg af teen wêreldlande in die top-posisie, soos Switserland en Australië, waar inwoners ʼn rykdom van meer as $200 000 per kapita het.
Suid-Afrika is in die tweede posisie van Afrika-lande met $10 300 per kapita, gevolg deur Namibië met $10 200 per kapita vir 2015.
Volgens Amoils het al die lande wat gelys is, behalwe Zimbabwe, se rykdom per kapita, toegeneem tussen 2000 en 2015. “Zimbabwe was in 2000 een van die rykste lande in Afrika suid van die Sahara gegrond op rykdom per kapita.”
Amoils het gesê Mauritius het op die lys koning gekraai danksy beskermde eiendomsreg, die groot aantal ryk individue wat oor die afgelope dekade daarheen getrek het, lae belasting, ʼn vooruitstrewende en groeiende finansiëledienstesektor, lae vlakke van regeringregulasie, ʼn leefstyl wat aanloklik is vir mense wat aftree en lae misdaadvlakke.
Hier volg die volledige lys:
Afrika-land: | Rykdom per kapita in Amerikaanse dollar vir 2015 |
Mauritius | 21 700 |
Suid-Afrika | 10 300 |
Namibië | 10 200 |
Botswana | 8 400 |
Gaboen | 8 100 |
Algerië | 6 200 |
Marokko | 5 800 |
Egipte | 4 400 |
Angola | 3 800 |
Ghana | 1 700 |
Kenia | 1 700 |
Ivoorkus | 1 700 |
Nigerië | 1 400 |
Zambië | 1 200 |
Tanzanië | 1 100 |
Uganda | 900 |
Mosambiek | 800 |
Ethiopië | 500 |
DRK | 400 |
Zimbabwe | 200 |
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
12 Kommentare
Iemand moet hierdie syfers vir robert mugabe stuur asseblief.
Kan ek asseblief my $10300 kry?? Waar kom hulle aan hierdie syfers?
Ag, asseblief. Wat “produseer” Mauritius? Niks. Hulle “verkoop” die see en natuurlewe aan besoekers. Wat doen Suid Afrika? Verkoop steenkool, yster-erts, goud en diamante aan Chinese besoekers. Wat doen Zim? Presies dieselfde….maar toe raak die minerale op. Nou verkoop hulle Zim se bome….wat verkerf is om soos wildlewe te lyk. Duitsland is nie veel groter as Natal nie…en wat wat hulle bbp verlede jaar? Veertien Triljoen Euro. Waarom? Want hulle’s wit, en hulle werk, en hulle produseer.
Wonder of Mugabe intelligent genoeg is om te sien sy land is een van die armste lande in Afrika voor hy so baie geld op homself spandeer.
Ek weet nie veel van die goed af nie, maar as die span wat die ondersoek gelei het, nie toegang het tot individue se persoonlike bank sake nie, waar kry hulle dan hierdie inligting.