May se Brexit-plan wéér nie aanvaar

Premier Theresa May. Foto: Mark Duffy/House of Commons via AP

Die Britse laerhuis het weer premier Theresa May se alternatiewe opsies vir ʼn Brexit-ooreenkoms verwerp.

Daar is oor vier mosies gestem om ʼn alternatief te kry om die Europese Unie te verlaat. Die opsies was onder meer dat Brittanje in ʼn doeane-unie met die EU bly en dat ʼn nuwe referendum gehou word.

May se Brexit-ooreenkoms is al drie keer vantevore verwerp. Guy Verhofstadt, die Europese parlement se Brexit-verteenwoordiger, het intussen gesê Brittanje het ʼn “laaste kans” om die dooiepunt rakende sy ontrekking aan die EU te breek.

Die kabinet sal Dinsdag oor die kwessies vergader en daar sal na verwagting Woensdag weer gestem word. Stephen Barclay, die Britse Brexit-minister, het gesê May se ooreenkoms is die enigste moontlik pad vorentoe aangesien daar nie ʼn meerderheid vir ʼn alternatiewe ooreenkoms bereik kan word nie.

Barclay het gesê indien daar dié week tot May se ooreenkoms ingestem word, kan dit moontlik wees dat Brittanje die EU kan verlaat sonder om aan die Europese verkiesings in Mei deel te neem.

Die graderingsagentskap Standard & Poor’s (S&P) het intussen herhaal dat verskeie ekonomiese probleme Brittanje in die gesig staar indien die land die EU verlaat sonder ʼn ooreenkoms. S&P het gesê ʼn wanordelike Brexit sal inkomstevlakke en groeivooruitsigte, sowel as staatsfinansies, nadelig beïnvloed.

S&P waarsku ook dat Brittanje se onttrekking toegang tot belangrike Europese markte aansienlik kan beperk. Die graderingsagentskap sê as dit gebeur kan dit ʼn beduidende toename in die land se skuld tot gevolg hê sowel as ʼn verdere daling in die waarde van die pond. S&P het gesê so ʼn scenario kan lei tot die afgradering van Brittanje se langtermynkredietgradering.

Brittanje moet die EU teen 12 April verlaat indien daar nie op ʼn ooreenkoms besluit kan word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Judge Dredd ·

Dankie ZAR.
Wat hierdie berig nie duidelik maak is dat van die 4 opsies – nog ‘n referendum – alhoewel nie die meerderheid, klaar die meeste steun geniet het.

Meerderheid Parlement en Big bussiness(Ruling class) is anti brexit.
Hulle wil geen ooreenkoms bereik en brexit totaal stop.
Hulle tesame met politiek opposisie partye sal ook die geleentheid gebruik om van Theresa May/Konserwatiewe party ontslae te raak.

Die proses van hier af soos ek dit sien.
1.) Probeer van Theresa May ontslae raak voor ooreenkoms bereik word(uitree of uit forseer maak nie verskil nie).
2.) Roep verkiesing uit – met opposisie party wat belowe om nog ‘n referendum te hou. Brexit fiasko en Media propaganda sal virseker dat opposisie wen.
3.) Referendum – weereens Media propaganda brexit moee kiesers sal virseker dat die Brexiteers verslaan word.

En dit is hoe die “Ruling class” die oorspronklike wil van die mense blokkeer en virseker hulle eie keuses word deurgevoer.

John ·

As mens die spul Britse-parlementarièrs so bekyk en hoe hulle aangaan, verskil dit nie veel van die SA-parlementsittings nie. Die toneel lyk soos iets uit Pickwick Papers… Waar is al die statige lords en ladies heen… Die EU wag vir die terugkruip van Brittanje. Oooh dit sal ‘n slaging van astronomiese proporsies wees. Die ou Nazi’s met die valstande slyp hul messe; pomp reeds die rubberbote op vir die legio irriterende en veeleisende immigrante in hul agterplaas vir oorpos soontoe.

Alida ·

John mens kan hulle sittings eerlikwaar nie met SA vergelyk nie. Hulle argumenteer beskaafd en gooi nie stoele, bottels en tafels na mekaar nie. Nee!!! daardie is 1ste wereld baklei hierdie in SA het ‘n ander naam wat ek nie mag noem nie.

Johan ·

Dit lyk vir my asof die Britse Parlement bietjie moedswillig is

Zorro ·

Lyk my of die Britse parlement geen besluite neem nie. Hulle is dus onbevoeg (incompetent).

Theo ·

Hulle verbeel hulle steeds dat hulle ‘n wereldmag is en almal voor hulle moet buig. Lank gevat maar die wiel van die geskiedenis draai.

Katryn ·

Binnekort word Brittanje as ‘n opkomende ekonomie geklassifiseer, en nie meer ‘n ontwikkelde ekonomie nie. En dan staar hulle ook rommelstatus in die gesig soos ander ekonomiese muishonde. Sal komies wees indien daar “For sale” borde voor Buckingham, Kengsington en Windsor paleise staan.

Fanie ·

Ek sal eerder verkies dat die paleise in moskees omskep word.

Junie ·

Raak net ontslae van die vrou . wie hou nog van haar? Wie gee haar hierdie mag? Hou op om haar so te pamper en stem haar uit.

Hendrik UAE ·

Ek dink die EU gaan een of ander tyd hulle alies wip en die Engelse uitskop of mag hulle dit nie doen nie?

Andreas ·

Die mense daar oorkant is vir my net te witter as wit, en dit het niks met die kleur van die vel te doen nie.

Andreas ·

Dalk sou ‘prim & proper’ ‘n beter woordkeuse gewees het. En dan irriteer dit my oneindig as een in die parlement soos ‘n ‘Jack in a box’ opspring, met militêre presiesheid kietsregop gaan staan, sy sê sê en dan plotseling weer gaan sit.

Judge Dredd ·

Die anti-brexit Ruling class se volgende stappe sal wees.

1) Raak ontslae van Theresa May sonder brexit ooreenkoms – uitforseer of bedanking.
2) Roep algehele verkiesing – gebruik media propaganda en Brexit Fiasko om te virseker anti-brexit gunstige party wen.
3) Hou referendum – weereens Media propaganda en brexit fiasko om mense se wil te verander.

En dit is hoe die Ruling Class die oorspronklike wil van die mense blokkeer/ondermyn en hul eie keuses afdwing.

Nico K ·

Nee wat judje dredd, om te sê dat die meerderheid mense se wil nie geskied nie is oordrewe. Die meerderheid in die referendum was baie klein. Ek kan nie dink dat so belangrike besluit nie minstens met ‘n tweederde meerderheid toegelaat moes word nie. Die meeste parlementslede, wat baie meer weet as die man op straat, besef dat om die EG te verlaat nie ekonomies vir Brittanje goed sal wees nie.

Judge Dredd ·

Moet dan nie one man one vote Demokrasie preek nie.

Soos ek al voorheen gese het – Dis deesdae net demokrasie as sekere mense/partye wen, naamlik liberaal/sosialisties/globalisties.

Merkur ·

Nico K
Ekonomies sleg vir Brittanje of vir die kosmopoliete en veral die „ruling class“?

As die meeste parlementslede, of eerder die „ruling class“, meer inligting besit as die man op die straat is dit omdat die skyn-demokrasie Brittanje die relevante inligting/kennis weg van die man op die straat hou. Die magtiges in Brittanje laat die publiek in die geloof dat hulle in ´n demokrasie leef.
Meer en meer besef die man op die straat dat hy absoluut geen sê het nie wat heel moontlik die Brexit tot gevolg gehad het. Die magtiges gaan def probeer om dit te „korrigeer“.

Daar word gesê dat Brittanje ´n plutokratie is. Ek dink dat plutokratie nog steeds ´n té positiewe betiteling is.

Gert van Wierdapark ·

Miskien moet Premier May by SA om raad/hulp kom aanklop. Begin by voormalige Pre-mier Ace! Hy kan Rysmier en mag haar dalk nuttige wenke kan gee om die opposisie en haar eie party ‘n rat voor die oe te draai. Al wat sy moet doen is om Uitstel vir die finale Brixit datum te kry – – tot agt Mei 2019!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.