Maya Angelou sterf

22376_259770469795_2280938_nDie Amerikaanse skrywer en digter Maya Angelou is in die ouderdom van 86 oorlede.

Wake Forest Universiteit het Angelou se afsterwe Woensdag in ‘n mediaverklaring aangekondig. Angelou was ‘n oud-vryheidsvegter wat onder andere saam met Martin Luther King gewerk het.

Angelou het groot lof ontvang vir haar eerste boek, haar outobiografie “I Know Why the Caged Bird Sings”. Sy was een van die eerste swart Amerikaanse vroue om ‘n topverkoper te skryf.

Angelou is in 1993 gekies om as digter by president Bill Clinton se inhuldiging op te tree. Sy het ‘n oorspronklike komposisie “On the Pulse of Morning” vir die geleentheid geskryf.

Hier is ‘n video van die geleentheid:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.