Mayweather steeds onoorwonne ná ‘boksgeveg van die eeu’

Floyd "Money" Mayweather (links) en Manny "Pacman" Pacquiao Foto: The Telegraph

Floyd “Money” Mayweather (links) en Manny “Pacman” Pacquiao Foto: The Telegraph

Floyd “Money” Mayweather Jr. het Manny “Pacman” Pacquiao Saterdagaand in Las Vegas, Amerika, geklop tydens ʼn boksgeveg wat as die “geveg van die eeu” beskryf word.

Mayweather se rekord word hierdeur verbeter tot 48-0.

Die Amerikaanse Mayweather het ʼn vroeë aanslag deur die Filippyner deurstaan en die latere rondes gewen.

Die boksgeveg is een van die winsgewendste gevegte ooit. Mayweather sal minstens $120 miljoen (ongeveer R1.4 miljard) verdien. “My volgende geveg in September sal my laaste een wees en ek sal uittree met 49-0,” het die 38-jarige in die bokskryt gesê.

“Dit was ʼn goeie geveg,” het Pacquiao gesê. “Ek het gedink ek het gewen. Hy het nie niks gedoen nie. Hy het aan die buitekant bly beweeg. Ek het hom baie keer gekry. Ek het hom geslaan en ek het gedink ek het die geveg gewen.”

Bekendes soos Sylvester Stallone, Justin Bieber, Paris Hilton, Bradley Cooper, Jake Gyllenhaal, Beyonce en Robert de Niro was almal by die MGM om die geveg te sien. Klik hier vir foto’s van al die bekendes wat die geleentheid bygewoon het.

Aanhangers van boks wag al sedert 2009 vir die geveg tussen Mayweather en Pacquiao, maar dit is telkens uitgestel weens ʼn stryery oor die boerpot of toetse oor verbode middels. Die geveg het Saterdagaand in Las Vegas plaasgevind en talle ondersteuners moes baie vroeg opstaan om die geveg in die res van die wêreld te kon volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

KarooKlong ·

My beskeie mening:
Ek weet nie wat die werklike rede of antwoord hiervoor is nie (dat geldwolf gewen het) maar volgens wat ek vanoggend gesien het, het Manny hierdie geveg gewen.

Bleskop ·

KarooKlong, ek stem 100% saam met jou, dalk erens n slang in die gras…

leeutjie ·

Ek het al met die geveg van Oscar gedink dat Oscar ‘n beter bokser was. En nou met Manny ook gedink dat hy vinnig en skerp was maar nou ja…. ek weet nie of dit weereens politiek of geld in boks is wat die oorwinning bepaal het nie!

Martha ·

Dit was nie ‘n boksgeveg nie, want Mayweather het die hele tyd die kryt volgehardloop om weg te skram – asof hy te bang was om te boks. Hy het buitendien soveel geld beding vir die geveg dat hy seker nie nodig gehad het om te boks nie. Op die ou end sal geregtigheid tog seëvier.
Baie geluk aan Manny, hy het sy bes probeer.

carol every ·

Hierdie was Manny se geveg!! Weer erens slang in die gras!! Manny you are our winner!!!

Annatjie ·

Ek stem saam geregtigheid sal seevier, dink Manny het baie harte gewen met sy beskeidenheid!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.