McDonalds sonder hamburgers weens vleisskandaal

McDonaldMcDonalds in Beijing en Sjanghai moes hamburgers van sy spyskaart verwyder. Hier en daar kan klante nog ‘n visburger bekom.

Die verwydering is waarskynlik net tydelik, en volg na ‘n groot vleisskandaal in hierdie land. Die Chinese TV-sender, Dragon TV, het erge wanpraktyke by die vleisverwerker, Husi Food, aan die lig gebring. Daar is onder meer gewys hoe vleis wat van die voerband afval, weer tussen die ander vleis ingegooi word. Vleis wat nie meer vars was nie, is met vars vleis vermeng.

Die owerhede het Husi Food se aktiwiteite opgeskort.

Husi Food voorsien die vleis wat McDonalds in China gebruik. KFC, Pizza Hut, Starbucks, Burger Kind en 7-Eleven is van dié aanleg se ander klante. Husi Foods word deur die Amerikaans reus, die OSI Group, besit, wat sy skok uitgespreek het oor wat in sy Chinese filiaal aangegaan het. OSI het onderneem dat dit nie weer sal gebeur nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Elizabeth

Kyk, ek eet NIE burgers van die groot M nie en klaar. Paar jaar gelede was daar groot stories oor die “pienk sludge” wat in hul vleismengsel voorkom – ek word net naar as ek daaraan DINK. Daar is toe petisies en dinge opgestel waarin betoog word dat hulle dit nie meer gebruik nie. Welbekende sjef Jamie Oliver het ook al gewys waaruit hul “patties” bestaan. Nee wat ga. Ek maak liewer my eie en bly maar weg van enige kitskos. Nou kyk nou hoe gaan dit in anderland met hulle! Nee wat ek is nooit so honger dat ek… Lees meer »

Riaan

Burger KinG

Peter Says

Jislaaik, die mense eet dan alerhande vleis (gaan nie noem) hoekom nou so fyn gevoelig.

Hans

net jammer in SA word die patties en chips en ander goed alles deur een plek voorsien….al eet jy burger king of al eet jy mc donalds selfde plek supply die vleis net die branding op die bokse verskil

Elizabeth

@Peter Says – haha nee wat wat – die gesegde sê: wat die oog nie sien huil die hart nie oor en in my geval is dit seker wat die mond nie proe huil die hart nie oor! Glo my ek het dit geëet – net die wat my eie ouers gemaak het en ek geweet het wat daarin is. Maar wat, toe raak ek teë van dit en na die skandaal ‘n ruk gelede wat hulle allerhande vreemde gediertes se vleis in die nasionale worsie gekry het is ek ekstra skrikkerig. @Trippie, jy is sekerlik baie gesond – ek… Lees meer »