“Ek het ingestap vir ʼn plaatkoekie en toe stap ek uit met ʼn baba,” sê Cathy Jordan oor die dag toe sy in Desember geboorte gegee het in ʼn McDonald’s in Sarasota, Florida.
“Hy is perfek – hy het tien vingers, tien tone met die pragtigste kuiltjies en ʼn bos hare!” het Cathy aan ʼn Amerikaanse televisienetwerk vertel.
Cathy se man, Sean, sê hulle kan nou lekker lag daaroor, maar daardie oggend het hy gevrees vir sy vrou en kind se lewe.
Terwyl Sean vir hul bestelling in McDonald’s gewag het, het Cathy gou kleedkamer toe gegaan. Sy sê sy het verskriklike pyn gehad en toe die baba se kop gevoel. Haar eerste reaksie was om te skree. “Iemand in die hokkie langs my het gevra of daar fout is en ek het geantwoord daar is niks fout nie, ek is net besig om ʼn kind te baar!’” vertel Cathy.
Cathy was eers in Januarie vir ʼn keisersnee geskeduleer, maar haar babatjie het ander planne gehad. Sean en ʼn ander kliënt, April, wat gelukkig ʼn verpleegster is, het Cathy gehelp en Parker is 20 minute later gebore.
“Ons was so verlig toe April sê sy is ʼn verpleegster. Sy was ongelooflik – sy was nie bang nie en reg vir aksie,” sê Cathy.
Toe Parker die wêreld betree, was die naelstring om sy nek en Cathy sê sy was ongelooflik bang hy sterf. April kon die naelstring los kry, maar Parker het steeds nie asem gehaal nie. Intussen het die bestuur paramedici gekontak en dié was betyds om suurstof toe te dien.
“Toe hy daai eerste asem skep, was ek so verlig. Dit was die beste ding wat ek nog gehoor het. Ons is net so dankbaar dat hy gesond is. Dit was die beste Kersgeskenk,” sê Sean.
Op Parker se geboortesertifikaat is dit nie die hospitaal se adres nie, maar dié van McDonald’s…
Lees die volledige berig hier.
Mc Donald’ s baba
Dit was ñ baie goeie kopie by MacDonald ‘s
Jip …. een McBaba asb
Hahahha, ek het aan presies dieselfde gedink, Flinkdink
Foeitog, dié kan vir arme Baba Parker ‘n moeilike een wees eendag:
V: “Waar’s jy gebore”
A: “In MacDonalds, Sarasota, Florida, USA”
Hoekom sou n keisersnit gedoen wees as sy so maklik kraam?
Rina, party mense verkies om keisers te he vir persoonlike redes, en vir al wat ons weet is sy geskeduleer vir ‘n keiser omdat haar baba se naelstring om sy nek was, soos in my geval. Maar as baba wil uit wil hy uit. My keiser was geskeduleer vir 15 Januarie, maar 31 Desember het ek net soos enige ander vrou wat kinders dra in “labour” ingegaan. So ja, dit gebeur
Soek aandag.
Gooi my maar met bakstene, en ek weet baie mense hier het al gese hulle het nie geweet hulle in swanger nie maar die hemele alleen weet hoe jy dit nie agterkom nie.. en ja ek is ‘n vrou en ja ek was ook swanger en ja ek het ook kinders in die lewe gebring . hierdie stories klink vir my soos wolhaarstories ..
Ag wollie, ek sien nie dat daar enigsins in die berig gese word dat sy nie geweet het sy was swanger nie! Less tog net mooi voordat jy kommentaar lewer
Wollie, gaan lees op daaroor. Die liggaam doen dit as ‘n mens in denial is of omdat jy bang is oor mense se reaksies, dis ‘n “defence mechanism”. Gaan lees op daaroor
Dis ‘n Mc Baby
Oooo my genade nee ek sal maar van nou af die deur ry gebruik… Netnou kom ek met nog ‘n kind uit…. Lol
Hehe, ek sou hom Donald genoem het