MDC-T waarsku oor Zim humanitêre krisis in 2017

Zimbabwe

Zimbabwe

Die opposisieparty in Zimbabwe, Movement for Democratic Change (MDC-T) onder leiding van die voormalige eerste minister Morgan Tsvangirai, het Sondag gewaarsku oor ʼn humanitêre krisis in Zimbabwe en gesê ʼn ekonomiese ommekeer in die land is hoogs onwaarskynlik gegewe die makro-ekonomiese onstabiliteit.

Tapiwa Mashakada, MDC-T se sekretaris van ekonomiese ontwikkeling, het in sy Kersboodskap aan die land gesê 2017 sal ʼn “ineenstortingsjaar” vir die land wees. “Ek dink die land gaan in 2017 ineenstort. Ons sal sien hoe effektenote die mark oorstroom en die Amerikaanse dollar as wettige plaaslike tender gaan onttrek.”

Mashakada het voorspel dat buitelandse geld gerantsoeneer gaan word en dat buitelandse valutarekeninge weer heringestel gaan word. Hy het bygevoeg die begroting sal steeds ʼn tekort hê. “Die begrotingstekort sal vererger wanneer die staat beskermingsfondse vir projekte gaan beskikbaar maak om kiesers te wen,” het hy gesê.

Mashakada het gesê kieserregistrasie en voorbereiding vir die verkiesing in 2018 sal ook ʼn groot las plaas op die ekonomie en inflasie tot 10% laat verhoog in Desember 2017.

“Daar kan nog ʼn humanitêre krisis wees, aangesien die staat versuim om basiese maatskaplike dienste te verskaf. [Die regerende] Zanu PF se faksies sal die hoogste vlakke bereik en die regering disfunksioneel laat.”

Hy het bygevoeg petrol- en voedseltekorte is ook waarskynlik. “Hierdie is nie vergesogte scenario’s nie, tensy iets dramaties in die plaaslike politiek gebeur wat vertroue en gesonde verstand sal terugbring. Zanu PF is ongelukkig nie in staat om ekonomiese hervorming in te stel nie. In kort, die ekonomie sal in 2017 in sy rommelstatus bly.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Sêmaarnet ·

En Ciryl Ramaphosa dink Zim doen great en SA kan baie by hulle leer………hahaha…hohoho!!

Lance ·

Ek Bob hou hom do slim …en hy is weer hulle kandidaat vir die volgende verkiesing ….dom is nie die woord nie ….so daar het jy dit nou met Zim …dis n GROOT gemors ! In die 70’s was die Zim Dollar sterker as n Britse pond …nou is toiletpapier seker meer werd….gaan SA dieselfde pad gaan ?

Cherokee ·

So..? Zuma hou hom slim en hy is (miskien!) weer hul kandidaat vir die volgende verkiesing. Geen verskil. Al wat hom gaan diskwalifiseer vir ‘n volgende verkiesing is teenstand van sy eie bondgenote en nie my of jou teenstem nie. Van die Afrikaanssprekende bydraers hier(!) stem alreeds vir Ramaphosa. Breinspoeling is nie net iets waarvan ons in ons jeugjare gelees het in spioenverhale nie.

Bach ·

Cyril het ‘n gat van homself gemaak oor Zim. Hoe kan mens vertroue in hom he?

Oom kalahari ·

Mnr Cyril is ook maar nie van die skerpste potloodjies in die pakkie nie en hoop nie hy of Mev Nksososana Dlamini Zumpies of ooit jongman Julius Mal-emma word as opvolgers oorweeg nie vir onse Zumta nie anders is Zimbabwe ons voorland. Zim het al 30jr terug sy knou begin kry en diktator skep hom dik aan al die fondse en gedurige uitspattige reise met gade na Singapore of Dubai. Afrika is een swak vervalle continent en geen wonder ons word as derde wêrelds beskryf nie.

Manie ·

Dit is n skande dat daardie land aanhoudend oor die afgrond gedryf word deur n mal diktator. En die ergste is dat die ANC en eff aan die man sê lippe hang. Hoekom wil hulle altyd die gemors van die wêreld as n voorbeeld vir ons land sê mense voorhou.

Bruno Stef ·

Dit is veelseggend dat die verkose President van Amerika Mr Donald Trump die spyker op die kop geslaan het deur te se Mugabe moet in die tronk gestop word maar ons eie leiers is horende doof en sienende blind.

Jan maak n plan ·

In Afrika gaan politiek eksklusief oor persoonlikke verrykking. Al is dit kommunisme of n vryemark stelsel – die president en sy ministers verryk hulleself.

John ·

Ons is glo na raming reeds ver meer as 70 miljoen mense in SA, die onwettige burgers uit die Noorde en die Ooste bygereken. Die 12 milj wat glo oor is in Zim kan ok maar kom… Daar is gerugte dat ‘n fabriek vir sterk rubberbote na die Europese kammaland reeds iewers in ons land opgerig is en goed geldmaak… o ja, en ‘n lekker huisie in Kampsbaai-omgewing of so, word uitgehou vir die nog flinke president en sy hupse gade. Ons wonder mos juis wie ons land nog verder af kan vat nadat die ANC dit tot rommelstatus ingeplof het. Sjoe, hoe opgewonde is ek nou!

Sarie ·

Lees gerus die artikel “Africa celebrates the festive season ” in News24 Daardie skrywer slaan die spyker op sy kop.

Johannes Meintjes ·

Omrede ek op grondvlak met mense in Suider-Afrika tot sover as die DRK te doen kry, kan en moet ek getuig van die groeiende instroming in SA-in. Ek ontvang ook navrae uit Afrika oor hoe mense hierheen kan kom en of ek kan werk verskaf of help met reis of studiegeld. Feitlik 2 uit drie kelners in die Noordelike dele van Pretoria kom van Zim af. Die plaaslike Malawier en Zim plakkerskampe groei daagliks. Al meer werkers op plotte kom van Zim af. Naby waar ek woon word daar nou ekstra huisies opgesit vir Zim mans wie se families nou ook na SA kom. (Eienaars en werkgewers vertrou nie die misdaadtendense en “mafia” netwerke van plaaslike SA werkers nie.) Mense, medeburgers, volksgenote, SA regering, – hoe moet ons almal ekonomies oorleef – terwyl die SAPD nou skynbaar nie alle misdaad kan (wil) bekamp nie want anders faal die “alternatiewe” (kriminele) ekonomiese sektor wat glo ook parlementslede, ministers, hoofde van staatsdepartemente, versekeringsmaatskappye, sekuriteitsfirmas en ander besigheidsienaars soos skrootwerwe bevoordeel, en dan gaan honger mense in SA en buurstate glo tot totale rebellie en grootskaalse plundering oorgaan (afgelei uit GPF verwante gesprekke)?

Johanna Botha ·

Zim is n voorbeeld van n GROOT gemors. Die leiers kan net bestaan deur hulle te omring met mense wat op n onbehoorlike manier weer afhanklik is van hulle …maw korrupsie en skelmstreke met ander verseker hulle van hulle posisie en bestaan. So hulle staan nooit in eie reg in hulle posisie nie soos Europese leiers nie…en DIT is die veskil. Hier bestaan die anc verseker nie uit eie bekwaamheid vernuf of kundigheid nie maar eerder uit onderduimse skelmstreke en korrupsie met onbevoegde dom en onnoselle sotte wat niks weer van eerlike handelinge en hulle posisies beklee deur kundigheid en bewkwaamheid nie. Dis tragies kyk maar net wie die land regeer …hy het n std 3 ….So goed jy vra n kleuter om n vliegtuig te land ….so SA verdien maar rommel status met vol kleure !

Jef ·

En die res van die lande in Afrika gaan beslis dieselfde pad volg as Zim en SA gaan volgende jaar rommelstatus kry.
Hongersnood, siekte, nog meer aanvalle en moorde, verdeeldheid onder mense totdat die hele infrastruktuur van ons land plat val.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.