Meat Loaf (74) sterf

Meat Loaf in 2013 op die verhoog in Zwolle, Nederland. (Foto: Ferdy Damman/ANP/AFP)

Meat Loaf, die bekende Amerikaanse musikant en akteur bekend vir ʼn legio treffers sedert 1968, het Donderdag in die ouderdom van 74 gesterf.

Sy familie het dié nuus op sy amptelike Facebook-blad bevestig, maar die presiese oorsaak van sy dood is nie bekend gemaak nie.

“Ons harte is gebroke om aan te kondig dat die onvergelykbare Meat Loaf vanaand oorlede is met sy vrou, Deborah, aan sy sy,” lui die inskrywing.

“Sy dogters, Pearl en Amanda, asook nabye vriende was saam met hom in die laaste 24 uur.”

Die sanger is bekend vir liedjies soos “Bat out of hell”, “Paradise by the dashboard light”, “Dead ringer for love” en “I’d do anything for love”. Sy album, Bat out of hell, is steeds een van die wêreld se topverkoperalbums van alle tye.

Meat Loaf se familie het dié foto saam met die verklaring wat sy afsterwe bevestig gepubliseer. (Foto: Facebook/Meat Loaf)

Meat Loaf se loopbaan het oor ses dekades gestrek, waartydens hy meer as 100 miljoen albumeksemplare wêreldwyd verkoop het. Hy het ook in meer as 65 flieks soos Fight Club, Focus, The Rocky Horror Picture Show en Wayne’s World verskyn.

“Ons weet hoe baie hy vir soveel van julle beteken het en ons waardeer werklik al die liefde en ondersteuning wat ons ontvang terwyl ons deur hierdie tydperk van rou gaan, met die verlies van so ʼn inspirerende kunstenaar en pragtige man. Ons bedank julle dat julle ons behoefte aan privaatheid begryp.

“Van sy hart na julle siele … moet nooit ophou rock nie!” lui die res van sy familie se verklaring.

Meat Loaf is as Marvin Lee Aday op 27 September 1947 in Dallas, Texas, gebore.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

MakersMark ·

Jammer – fantastiese rock sanger gewees. Veral as hy saam met Jim Steinman gewerk het.

Werner ·

Eers Jim Steinman, nou Meatloaf. Gelukkig is die musiek tydloos.

SlinkseKoljander ·

Wat n stem het die man nie gehad nie, sal jou mis ou maat. RIV

Hendrik ·

Het met hom groot geword. Hy en Jim Steinman saam was die beste. Geen ander kombinasie kan ooit by hulle kom nie. Daar is net twee kunstenaars wie se dood my soveel raak en dis hy en Marie van Roxette. Kan in enige mood wees, hulle musiek laat mens altyd beter voel.

VaalDonkie ·

Die ou het ‘n fenominale talent gehad. En hy’t boonop een van Celine Dion se grootste treffers geskryf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.