Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het gesê die dodetal in die Demokratiese Republiek van die Kongo weens ebola sal Vrydag die tragiese mylpaal van 1 000 haal.
Michael Ryan, hoof van noodgevalle by die WGO, het die aankondiging by ʼn perskonferensie in Genève, Switserland gemaak.
Die ebola-uitbreking wat in Augustus in die DRK aangemeld is, is reeds die tweede dodelikste uitbreking in die geskiedenis en pogings om dit onder beheer te bring, word verhinder deur ʼn plofbare veiligheidsituasie en wantroue deur die gemeenskap.
Ebola-behandelingsentra word gereeld aangeval en ʼn epidemioloog van Kameroen wat saam met die WGO gewerk het, is verlede maand vermoor. Ryan het gesê daar was Donderdag nog ʼn aanval op ʼn behandelingsentrum in Butembo, maar veiligheidspersoneel kon dit afweer. Niemand is beseer nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
10 Kommentare
Hoe lank voordat die siekte in SA begin kop uitsteek? Groot vragmotors ry deesdae op en af na die Kongo!!
Anargie in ‘n land kan dus tot die totale uitwissing van die bevolking lei. ANC neem kennis. Dit kan hier ook gebeur!
Adri, jy weer mos die anc sal nie kennis neem nie. Hulle sal weer met hul broeke op die enkels gevang word.
Uitbraak / uitbreking? Ek ken nie meet die taalreëls nie. Kan iemand gou help asb?
Kry die siekes baie jammer, maar sal nie my lewe waag om in sulke omstandighede daar te probeer help nie. Groot bewondering vir dié wat wel dapper genoeg is. Of is ek dalk eerder verwonderd…